Quantcast
Channel: Resepte – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 270

Inspirasiekos met SARIE: wortels

$
0
0

Is daar ’n groente in die kombuis wat meer alledaags is as wortels? Tog glo ek die geur van ’n eenvoudige wortel is net so uniek en spesiaal soos dié van duur en eksotiese bestanddele.

Daarom moes ek op my soektog van unieke kosstories gaan kyk waar Dawid die wortels begrawe het. Andre “Boetie” van Zyl help my wortels oes in die Weskus se Sandveld.

VIA_FB_IKMS_wortels

Op ons Inspirasie-spyskaart dié week:

• Kerriewortel-jaffels
• Wortelslaai soos nog nooit gesien nie
• Sjokolade-wortelkoek

 

IKMS_WORTELS_DC1_0049

Kerriewortel-jaffels

Gee my jaffels vir ontbyt, middagete en aandete. Ek is mal oor hierdie basaarkos!

genoeg vir 6

• 45 ml olyfolie
• 1 ui, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 15 ml heel komynsaad
• 15 ml koljander
• 6 kardemompeule, oopgebreek en saadjies gehou
• 3 lourierblare
• 1 x 400 ml-blik klappermelk
• 300 ml tamatiepuree
• 30 ml borrie
• 500 g (sowat 10) grofgerasperde wortels
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 1 hand vol vars koljander, gekap

Verhit die olyfolie in ’n middelslagpot tot goed warm. Voeg die ui en knoffel by en roerbraai 2 minute of tot dit begin verbruin. Voeg al die speserye by en verlaag die hitte. Roerbraai 5 minute of tot lekker geurig. As dit lyk of die speserye wil begin brand, gooi ’n klein bietjie water by. Voeg die klappermelk en tamatiepuree by. Voeg borrie by en meng deur. Voeg wortels by en meng deur. Geur goed met sout en swartpeper en laat prut vir 15-20 minute tot dik geurige sous vorm. Laat nog 5 minute prut tot wortels sag en pap is. Geur goed. Haal van hitte af en laat afkoel. Roer koljander deur. Smeer broodjies met botter en vul met van die wortelkerrie-mengsel. Braai in jaffelpan tot goudbruin en bros. Sit voor met jogurt.

 

IKMS_WORTELS_DC1_0062

Wortelslaai soos nog nooit gesien nie

Julle weet teen dié tyd ek voel vere vir die kossnobs, daarom maak ek hierdie slaai wat gereeld op my ma se braaitafel gepronk het.

genoeg vir 6

• 45 ml olyfolie
• 1 ui, gekap
• 2 knoffelhuisies, gekap
• 1 cm gemmer, gerasper
• 1 pakkie spek, fyngekap
• 30 ml heel komyn
• 125 ml lemoensap
• 80 ml olyfolie
• 45 ml korrelmosterd
• 60 ml heuning
• 1 rooi brandrissie
• 1 hand vol koljander, fyngekap
• 100 g pekanneute
• 12 wortels, gerasper
• sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit olyfolie tot warm in groot braaipan. Voeg uie, knoffel, gemmer en spek by. Roerbraai vir 5 minute. Gooi komyn by en braai nog 2 minute. Verwyder van hitte. Meng lemoensap, olyfolie, mosterd, heuning en rissie. Meng koljander, neute en wortel. Gooi alles saam en meng deur. Geur goed met sout en peper. Sit yskoud voor.

 

IKMS_WORTELS_DC1_0040

Sjokolade-wortelkoek

genoeg vir 1 groot koek

• 195 g (210 ml) botter
• 410 ml water
• 70 g (175 ml) kakaopoeier
• 420 g (750 ml) koekmeel
• 10 ml koeksoda
• 10 ml bakpoeier
• 600 g (710 ml) strooisuiker
• 3 eiers
• 190 ml karringmelk
• 250 ml wortels, gerasper

Sjokoladeversiersel

• 500 ml room
• 650 g goeiegehalte-sjokolade, gekap
• 125 g bessies
• ekstra kakaopoeier vir rol

Verhit die oond tot 180 °C. Plaas die botter en water in ’n middelslagpot en bring tot kookpunt. Meng die kakao by. Sif die meel, koeksoda, bakpoeier en suiker saam. Meng die eiers en karringmelk. Voeg die botter- en karringmelkmengsel by die droë bestanddele en meng goed. Meng wortels by. Spuit ’n 20 cm-patroonpan (Bundt-pan) met kleefwerende kossproei. Gooi die beslag in die pan en bak 40–45 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat 10 minute in die pan afkoel en keer uit op ’n afkoelrak. Sjokoladeversiersel Bring die room tot kookpunt en gooi dit oor die gekapte sjokolade. Roer tot glad en laat effens afkoel. Plaas die afgekoelde koek op ’n opdienbord en gooi die sjokoladesous bo-oor. Skil ekstra wortels in dun repe met skerp groenteskiller en draai dit in ronde blomvorms. Pak oral op die koek. Sit voor.

Nóg Inspirasiekos met SARIE-resepte

Waterblommetjie | Sout | Mossels en Oesters | Meel | Sampioene | Mozzarella | Soutwaterforel | Whisky | Vanielje

Spekko Promosie Tag

Hierdie episode van Inspirasiekos met SARIE (VIA, DStv-kanaal 147) is geborg deur Spekko. Met Spekko-rys kry jy altyd meer – ook inspirasie vir heerlike nuwe geregte.

SPEKKO VIA SPONSORSHIP DIGITAL IMAGE V2-B

Besoek www.spekkorice.co.za vir meer resepte en volg Spekko op Facebook of@SpekkoRice op Twitter en @SpekkoSA op Instagram.

The post Inspirasiekos met SARIE: wortels appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 270