Quantcast
Channel: Resepte – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 270

5 koekies vir jou koekieblik

$
0
0

As ek aan Desember dink, sien ek dadelik my ma, Susan, aan die bak om die koekieblik vol te kry vir die seevakansie wat wag. Maar voor ons nog Prieska gehaal het, was my hande gewoonlik al minstens drie keer in dié koekieblik, want wie kan nou wag vir die see!

Hier is 5 koekies vir jou Desember-koekieblik, almal met roomsagte vulsels wat jou hart sal laat smelt:

1. Koffieroom-koekies

Doop hierdie koekies in soet tee en jy sal in die sewende hemel wees. Dié vulselresep is my ouma Bettie s’n – sy het haar koffiekoekies in lang worsies gemaak, maar ek maak myne bietjie nuut!

sr1211hoofkos-9-570x746

FOTO Lee Malan

2. Ganache-koekies

Wie kan nee se vir roomsagte sjokolade wat in jou mond wegsmelt en jou los met ’n bros koekie wat tussen jou tande kraak? Dís waarvan drome gemaak word.

sr1211hoofkos_4_-570x746

FOTO Lee Malan

3. Aarbeikonfyt-koekies

My ma het gereeld vir ons dié koekies gebak. Sy het sommer gekoopte konfyt gebruik, maar as jy jou eie kan maak, is dit nog beter – jy sal die verskil kan proe.

sr1211hoofkos_10_-570x746

FOTO Lee Malan

4. Kaneelkoekies met karamelneut-vulsel

Die toppunt van luuks: karamelneute, pralien wat jy fynmaak en dan by ’n bottervulsel invou.

sr1211hoofkos_8_-570x761

FOTO Lee Malan

5. Vanielje-en-karamelkoekies

Karamel smaak lekker saam met byna alles, daarom vat hierdie koekie letterlik die koek!

sr1211hoofkos_1_-570x746

FOTO Lee Malan

The post 5 koekies vir jou koekieblik appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 270