Quantcast
Channel: Resepte – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 270

Beet-carpaccio met kaas-samoesas

$
0
0

Hierdie sagte smelt-in-die-mond-samoesas saam met die beet sorg vir ’n nuwe smaak en tekstuur. Jou Kerstafel gaan luuks lyk sonder baie geld en moeite. 

genoeg vir 10

SAMOESAS
• 70 g (125 ml) koekmeel
• 100 ml water
• 10 velle samoesadeeg
• 250 g-houer sagte roomkaas

SLAAI
• 15 ml heel komyn
• 30 ml heuning
• 45 ml korrelmosterd
• 250 ml vars lemoensap
• 40 ml rooiwynasyn
• 1 rooi brandrissie, fyngekap
• sap en skil van 1 lemoen
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 16 klein pers bete
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 80 g jong slaaiblare
• 185 g vars frambose

Meng meel en water saam tot gladde meelgom. Verdeel roomkaas tussen samoesa-velle en vou volgens die aanwysings op die pak. Plak die eindpunt vas met die meelgom-mengsel. Hou eenkant in yskas. Droogrooster komyn vir slaai in warm pan. Meng komyn met die heuning, mosterd, lemoensap, asyn, brandrissie en lemoensap en -skil.

Geur goed met sout en peper. Gebruik ’n mandolien om beet in papierdun skywe te sny en voeg by marinade. Verhit olie vir diepbraai tot matig warm. Diepbraai samoesas vir 5 – 8 minute of tot goudbruin en bros. Dreineer op kombuispapier. Skep beetslaai op opdienbord. Sprinkel slaaiblare en frambose oor. Pak die warm samoesas bo-op en skep van die slaaisous oor. Sit voor.

Kyk HIER na die res van ons Kersfees-spyskaart

The post Beet-carpaccio met kaas-samoesas appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 270