Quantcast
Channel: Resepte – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 270

Linguini met oorskiet-lamsboud

$
0
0

Jy is nog besig om te herstel van jou Kersete. En jou mantra? “Ek gaan nooit weer so baie eet nie.” Ontspan, jy’s op vakansie! En hier’s ’n goue idee vir daai oorskiet-lamsboud!

(4 porsies)

  • 45 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap (opsioneel)
  • 500 g gaar oorskiet-lamsboud
  • 1 x 400 g-blik tamatie
  • 80 ml tamatiepasta
  • 200 g kersietamaties
  • 500 g linguini-pasta
  • 100 g parmesaan, gerasper
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit olyfolie tot warm in middelslagpan. Voeg uie en knoffel (indien gebruik) by. Braai vir sowat 3 – 5 minute of tot begin verbruin. Sny lam in kleiner blokkies en voeg by uie. Braai vir 3 – 5 minute.Voeg geblikte tamaties, tamatiepasta en kersietamaties by.Verlaag hitte en laat stadig prut vir 10 minute.Terwyl sous kook, maak pasta volgens verpakkingsaanwysings gaar.Roer by sous. Roer parmesaan by. Geur goed met sout en peper. Sit warm voor.

Wenk: As jy nie lam het nie, kan jy gaar hoender by jou supermark koop en van die been af vlok.

The post Linguini met oorskiet-lamsboud appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 270