Quantcast
Channel: Resepte – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 270

Kersfees 2015: Blomkool-en-patat-Kerskrans

$
0
0

Die soet smaak van karamel werk goed saam met die blomkool.

genoeg vir 8

  • 8 klein patats
  • 
60 ml heuning
  • 
4 knoffelhuisies, grofgekap
  • 55 g (60 ml) botter, gesmelt
  • 4 stingels tiemie

  • 45 ml olyfolie
  • 20 ml fyn kaneel
sout en varsgemaalde swartpeper
  • 200 g blomkoolstukke

  • 80 g slaaiblare van jou keuse

  • 80 g granaatpitte

Verhit die oond tot 180 °C. Skrop die patats onder lopende water en sny
dit in 2 cm breë ringe. Pak die ringe met die snykant na bo in ’n groot oondroosterbak. Meng die heuning, knoffel, botter, tiemie, olyfolie en kaneel saam en gooi dit oor die patats. Geur goed met sout en peper. B

edek die bak met foelie, plaas in die warm oond en bak tot die patats sag en gaar is, sowat 20 – 25 minute. Verwyder
die foelie en pak blomkool bo-op. Bak nog 15 minute tot blomkool sag en gaar en mooi goudbruin is. Laat afkoel tot louwarm.

Pak patats en blomkool in die vorm van ’n Kerskrans op ’n opdienbord. Sprinkel slaaiblare en granaatpitte oor. Sit voor.

Kersfees 2015 – resepte en dekor-idees

The post Kersfees 2015: Blomkool-en-patat-Kerskrans appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 270