Quantcast
Channel: Resepte – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 270

Kersfees 2015: Dubbelsjokolade-moussekoek

$
0
0

Jy kan net een koek maak, of een soos op die foto met 4 lae. Verdubbel net die resep en maak tweede koek in ’n kleiner 20 cm-losboomkoekpan.

genoeg vir 12

  • 300 g witsjokolade, baie fyngekap
  • 200 ml melk
  • 300 g donkersjokolade, baie fyngekap
  • 4 eierwitte
  • 200 g (250 ml) strooisuiker
  • 250 ml room
  • 1 x 25 cm ronde sjokolade- sponskoek
  • frambose vir voorsit

Plaas witsjokolade en 100 ml melk 
in mikrogolfoond totdat sjokolade gesmelt is. Doen dieselfde met die donkersjokolade en 100 ml melk. Klits eierwitte tot sagte punte vorm terwyl jy die strooisuiker geleidelik byvoeg. Hou aan klits tot blink en styf. Hou eenkant en klits die room tot sagte punte vorm.

Spuit ’n 25 cm-losboomkoekpan met kleefwerende kossproei. Vou helfte van die eierwitmengsel by helfte van die witsjokolade in, gevolg deur helfte van
die room. Gooi in die pan en smeer gelyk. Vou nou die res van die eierwitmengsel by die donkersjokolade in en voeg orige room by.

Gooi oor die witsjokolade- mousse. Plaas die heel sponskoek bo-op die donker mousse, of sny dit in skyfies as jy die kleiner pan gebruik. Laat stol vir sowat 3 – 4 uur of oornag. Keer uit en versier met vars frambose.

Kersfees 2015 – resepte en dekor-idees

The post Kersfees 2015: Dubbelsjokolade-moussekoek appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 270

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!