Ystervarkies is ’n heerlike bederf. Maar nou is dit nóg meer dekadent!
(18 porsies)
– 200 g donkersjokolade, grofgekap
– 1 x basisresep (ongebak)
– 700 g fyn klapper
Vir die stroop
– 60 ml kakaopoeier
– 375 ml water
– 600 g suiker
– 15 ml botter
– 5 ml vanieljegeursel
Verhit oond tot 180 grade. Vou gekapte sjokoladesplinters by basisresep in. Voer twee vierkantige panne van 25 x 25 cm uit met bakpapier en spuit met kleefwerende kossproei. Verdeel beslag tussen panne en bak vir 15 – 20 minute of tot goudbruin en gaar. Laat afkoel en keer uit. Bring intussen al die bestanddele vir die stroop tot kookpunt in ’n middelslagpot. Gebruik ’n skerp mes en sny die kante van
die koek netjies af. Verdeel elke koek in nege blokkies. Doop vinnig in sjokoladestroop en rol dan in klapper. Sit voor.
The post Sjokoladesplinter-ystervarkies appeared first on SARIE.