’n Maklike resep van my ma. Sy het dit dikwels vir ons gemaak en voorgesit met lekker cheddar en heuning.
genoeg vir 12
• 200 g (360 ml) koekmeel
• 15 ml bakpoeier
• 20 ml suiker
• 5 ml sout
• 2 eiers
• 125 ml melk
• sonneblomolie vir diepbraai
Plaas al die bestanddele behalwe die olie vir diepbraai in ’n mengbak. Meng saam tot slap deeg vorm. Verhit olie tot medium-warm – as dit te warm is, sal die vetkoek brand voor dit deurgaar is. Doop twee eetlepels in warm olie en skep dan bietjie deeg uit met een lepel. Krap deeg met tweede lepel in warm olie in. Hou aan tot al die deeg op is. Diepbraai 8 –10 minute of tot goudbruin en bros. Dreineer op kombuispapier. Sit die vetkoekies warm voor met kaas en heuning.
The post Slapdeegvetkoek appeared first on SARIE.