Ja, dié gereg is ’n hele ete op sy eie. Sit dit voor met groenslaai of avokado.
genoeg vir 6
• 12 aartappels
• 60 ml botter
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 250 g spek, grofgesny
• 1 ui, in dun ringe gesny
• 100 g parmesaankaas, fyngerasper
• 10 takkies tiemie, fyngekap
• 1 liter room
Verhit oond tot 180 °C. Skil rou aartappels en sny in dun skywe. Smeer ’n oondbraaibak van sowat 40 cm lank met botter. Pak een laag aartappels in bak. Geur met sout en peper. Strooi ’n bietjie spek oor, pak ’n paar uieringe bo-op, sprinkel van die kaas oor en heel laaste van die tiemie. Herhaal die proses tot al die bestanddele gebruik is. Gooi room oor en plaas in warm oond. Bak sowat 90 minute tot aartappels sag is.
The post Romerige aartappelgebak appeared first on SARIE.