Quantcast
Channel: Resepte – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 270

8-uur-lamskenkel-pasteie

$
0
0

Sondagmiddagete is sinoniem met samesyn. Begin vanaand voorberei en jy het môre die heerlikste gereg!

Maak dit stadig oornag gaar.

genoeg vir 6

  • 45 ml olyfolie
  • 6 groot (sowat 2 kg) lamskenkels
  • 2 uie, grofgekap
  • 4 knoffelhuisies, fyngekap
  • 30 ml fyn koljander
  • 30 ml vinkelsade
  • 1 x 200 g-buis tamatiepasta
  • 2 x 410 g-blik kersietamaties
  • 500 ml beesvleisaftreksel
  • 500 ml rooiwyn
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 100 ml melk
  • 50 ml warm water
  • 150 g (165 ml) botter
  • 450 g (800 ml) koekmeel
  • 2 eiers

Saterdag: Verhit oond tot 100 °C. Verhit olie in middelslag-pot. Braai vleis in pot tot goudbruin, sowat 5 – 8 minute. Voeg uie, knoffel, koljander en vinkel by. Voeg tamaties, aftreksel en wyn by en geur met sout en swartpeper. Bak so 8 uur of oornag in warm oond tot vleis van been wegtrek.

Sondag: Skep skenkels uit sous en haal vleis van been af. Hou bene. Voeg van potsous by vleis en meng tot klam vulsel. Verhit oond tot 160 °C. Bring 50 ml melk, water en botter tot kookpunt. Plaas meel en 1 eier in voedselverwerker en meng by hoë spoed terwyl jy warm melkmengsel bygooi. Verwerk tot deegbal. Rol op meelbestrooide werkvlak uit tot so 3 mm dik. Sny 6 sirkels van 20 cm in deursnee uit met ’n koekiedrukker. Rol orige deeg weer tot 3 mm dik uit en sny sirkels van sowat 8 cm uit. Spuit 6 holtes van dubbelgroot muffinpan met kleefwerende kossproei en voer uit met groot deegsirkels. Verdeel vleismengsel tussen pasteie. Plaas ’n skoon skenkelbeen in middel van elk. Plaas kleiner deegsirkel bo-op en druk deur been.Seël rande met vurk. Klits orige melk en eier saam. Verf oor pasteie. Bak 20 – 25 minute of tot goudbruin.

The post 8-uur-lamskenkel-pasteie appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 270

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!