Quantcast
Channel: Resepte – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 270

Sop & brood: Bonesop met blatjangbrosbrood

$
0
0

Vind dié winter troos in ’n pot tuisgemaakte bonesop en brood wat goudbruin en bros gebak is met lepels vol van Mrs H.S. Ball’s se perskeblatjang – jy sal haar moederlike liefde proe!

Die brood kan jy ook voorsit as peuselhappie op sy eie.

Genoeg vir 6 – 8.

SOP
• 60 ml olyfolie
• 1 ui, fyngekap
• 15 ml fyn koljander
• 25 ml heel komyn
• 10 ml kaneel
• 500 g kort lamskenkels
• 2 x 400 g-blikke All Gold heel tamaties
• 1 liter beesvleisaftreksel
• 1 x 400 g-blik botterbone, gedreineer en onder koue water afgespoel
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 1 hand vol vars pietersielie, fyngekap

BROOD
• 125 ml water
• 45 ml olyfolie
• 5 ml sout
• 280 g (500 ml) koekmeel, plus ekstra vir uitrol
• 150 ml Mrs H.S. Ball’s Perskeblatjang

Sop

Verhit olyfolie in ’n middelslagpot. Voeg ui by en braai vir 2 minute. Voeg koljander, komyn en kaneel by en braai nog 1 minuut. Plaas skenkel  in pot en braai tot goudbruin. Voeg tamaties en aftreksel by. Verlaag die hitte en laat 90 minute stadig prut met die deksel op. Sny die vleis van die skenkels af en behou die murg. Voeg bone by en kook 15 minute. Geur goed met sout en peper. Roer pietersielie by. As die sop te dik is, roer nog aftreksel by en bring weer tot kookpunt.

Brood

Verhit oond tot 220 °C. Plaas water, olie en sout in mengbak. Roer met houtlepel terwyl jy meel geleidelik byvoeg tot deeg ’n stywe, kniebare vorm het. Knie 5 – 8 minute op ’n meelbestrooide werkvlak tot deeg glad en elasties is. Plaas in skoon bak wat met olie gesmeer is en laat rus op warm plek vir 30 minute. Verdeel deeg in 8 ewe groot porsies. Rol met koekroller op meelbestrooide werkvlak tot papierdun. Voer bakplaat met bakpapier uit en spuit goed met kleefwerende kossproei. Plaas deeg op bakplaat en smeer blatjang oor brode met lepel se agterkant. Bak vir 8 – 10 minute of tot goudbruin en bros.

Mrs H.S. Ball’s is een van die borge van 30 Dae van Kos en Dekor. Die hoogtepunt vind 4 – 6 Maart by Gallagher-konferensiesentrum in Midrand plaas. Kom kuier saam! 

Lees ook

The post Sop & brood: Bonesop met blatjangbrosbrood appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 270

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!