Quantcast
Channel: Resepte – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 270

Bros lagie-aartappelgebak

$
0
0

Ons bros lagie-aartappelgebak verg ń bietjie moeite, maar heerlik. Maak basis die vorige dag en braai bros net voor benodig.

Genoeg vir 6
• 100 g (110 ml) botter
• 10 groot aartappels, geskil
• 12 takkies vars tiemie, blare van stingels verwyder
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 750 ml kanola-olie

1. Verhit oond tot 180 °C. Voer ’n broodpan van 35 x 11 cm uit met bakpapier en spuit met kleefwerende kossproei. Verdeel botter in 12 stukke. Sny eerste stuk botter in klein stukkies en stip op bodem van pannetjie. Sny aartappels in dun skyfies en pak ’n laag van 2 rye op botterstukkies. Pak nog 2 sulke lae boop. Stip botterstukkies, tiemieblare, sout en peper ná elke derde laag aartappels. Herhaal tot al die aartappel op is.

 

Bros lagie-aartappelgebak Stap#1

Bros lagie-aartappelgebak Stap#1

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

2. Bedek die aartappel-“brood” met bakpapier en ’n laag foelie. Bak 11/2 uur. Toets met ’n dun pennetjie om te verseker die aartappel is sag. Bedek ’n baksteen goed met foelie. Sit dit bo-op die warm aartappelgebak sodat dit afsak en ’n kompakte “brood” vorm.

 

 

Bros lagie-aartappelgebak Stap#2

Bros lagie-aartappelgebak Stap#2

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

3. Laat afkoel, keer uit pan. Sny in 6 ewe groot porsies.

 

Bros lagie-aartappelgebak Stap#3

Bros lagie-aartappelgebak Stap#3

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

4. Verhit olie in ’n diep pan en braai bros aan albei kante. Plaas op kombuispapier
en geur met sout. Sit warm voor.

 

 

Bros lagie-aartappelgebak Stap#4

Bros lagie-aartappelgebak Stap#4

The post Bros lagie-aartappelgebak appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 270