Tuisgemaakte roomys sonder ’n roomysmasjien? Ja, dis nou as jy semifreddo’s maak. Makliker en lekkerder kry jy nie
Genoeg vir 1 LITER
Vul ’n kastrol halfpad met water en bring tot kookpunt. Stel plaat op laagste hitte. Plaas
2 eiers en 80 g (95 ml) strooisuiker in ’n mengbak wat op die kastrol sal pas. Plaas mengbak bo-op kastrol en klits verkieslik met ’n elektriese handklitser tot dik en lig van kleur. Klits 250 ml room styf en vou in mengsel in. Kap 1 x 176 g-pakkie Oreo-koekies fyn in voedselverwerker en vou in mengsel in. Skep in houers en plaas oornag in vrieskas tot gevries. Garneer met Oreo-koekies.
The post Oreo-semifreddo appeared first on SARIE.