Quantcast
Channel: Resepte – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 270

Salm, kammossels, steurgarnale en pak choi met noedels

$
0
0

Waarlik ’n fees van Oosterse seekos. Die steurgarnale word bedek met panko-krummels van Japan wat dit heerlik bros maak. Jy kan boonop alles buiten die steurgarnale in dieselfde pan gaarmaak.

genoeg vir 4

SALM

• 45 ml wit sesamsaad
• 4 salmfilette (sowat 500 g)
• grofgemaalde sout
• 20 ml kanola-olie

PAK CHOI
30 ml kanola-olie
• 6 baba- pak choi, gehalveer
• 30 ml donker sojasous

KAMMOSSELS
30 ml kanola-olie
• 10 kammossels
• 30 ml donker sojasous

NOEDELS
400 g noedels van jou keuse
• 30 ml kanola-olie
• ½ groen brandrissie, fyngekap
• ½ rooi brandrissie, fyngekap
• 1 knoffelhuisie, fyngekap
• 2 ml fyngekapte vars gemmer
• 30 ml donker sojasous

STEURGARNALE
2 eiers
• 500 g steurgarnale, skoongemaak, maar behou die stertjie
• 100 g panko-krummels
• 100 ml kanola-olie

SIT VOOR SAAM MET
vars lemmetjies
• ligte sojasous

Verhit oond tot 100 °C. SALM Gooi sesamsaad op ’n bord. Druk elke salmfilet se vellose kant in die saad. Geur met sout. Verhit olie in pan en plaas salmfilette met velkant onder in pan. Braai tot vel bros is. Draai filette versigtig om. Braai tot sesamsaad goudbruin en bros is. Skep uit en hou warm in oond. PAK CHOI Verhit olie in dieselfde pan. Plaas pak choi in pan en voeg sojasous by. Braai tot sag en draai nou en dan om. Skep uit en hou warm in oond. KAMMOSSELS Verhit olie in dieselfde pan. Pak kammossels in pan en braai sowat 1 minuut. Draai om en braai nog sowat 2 minute.

Voeg sojasous by en braai nog ’n paar sekondes – maak seker al die kammossels is goed bedek met die sous. Skep uit en hou warm in oond. NOEDELS Kook noedels volgens aanwysing op pak en dreineer in vergiettes. Verhit olie in kammosselpan en voeg res van bestanddele by. Braai tot knoffel en brandrissies sag is en voeg gaar noedels by.

Roerbraai sowat 1 minuut tot al die noedels goed bedek is. Plaas in oond om warm te bly. STEURGARNALE Klits eiers in plat mengbakkie. Doop steurgarnale in eier en rol in krummels tot goed bedek. Verhit olie in diep pan en braai steurgarnale tot goudbruin en gaar. Rangskik al die seekos op opdienborde en sit voor met vars lemmetjies en die sojasous.

Salm, kammossels, steurgarnale en pak choi met noedels

Salm, kammossels, steurgarnale en pak choi met noedels

The post Salm, kammossels, steurgarnale en pak choi met noedels appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 270

Trending Articles


Tien kreatiewe idees vir bêreplekke in jou babakamer


Was Verveeld net verveeld?


Die kuns van koeksisters bak


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Man vas vir moord op Moot-egpaar


Taalkwessie: onverwagse versus onverwagte


Wiskunde, graad 7, November: gratis vraestel en memorandum


T Minus …. 6


Die oplossing vir yl hare is hier


[Resep] Pampoensop


Mikrogolf-wortelkoek


6 wenke en kunsies om jou hare te kleur


7 waarskuwingstekens wat jou lippe jou gee


10 wenke vir ’n welige tuin


Die beste tyd van my lewe


Fresh off the press: Behind prison walls by Edwin Cameron, Rebecca Gore and...


'n Knippie sout


KYK: Plaaslike bekende se baba sê ‘pappa’– en dit op 5 maande!


Kyk: Dié 16 katte het meer persoonlikheid as jy!