Quantcast
Channel: Resepte – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 270

Swartbone-salsa-slaai

$
0
0

As jy nie swartbone kan kry nie, gebruik swartbekboontjies(black-eyed beans)

6 porsies

• 250 g droë swartbone
• 1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
• 1 geel soetrissie, in blokkies gesny
• groot hand vol vars koljander, grofgekap
• 1 blik (340 g) mielies, gedreineer
• 1 rooi-ui, fyngekap
• 100 g klein rosa-tamaties

Sous

• 150 ml olyfolie
• sap van 1 suurlemoen
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Sit die bone in ’n groot kastrol en gooi koue water by. Die bone moet heeltemal bedek wees. Maak toe met ’n deksel. Bring die water tot kookpunt en kook vir 5 minute. Laat die bone minstens 2 uur in die water staan. Dreineer en gooi terug in die kastrol. Gooi water oor en bring tot kookpunt. Kook tot die bone sag is (dit duur sowat 1½ uur). Dreineer en laat afkoel. Meng al die bestanddele (behalwe die sous s’n) in ’n groot bak. Meng die sous-bestanddele en gooi oor. Roer goed deur en sit voor saam met gebraaide tortillas.

The post Swartbone-salsa-slaai appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 270