Quantcast
Channel: Resepte – SARIE
Viewing all 270 articles
Browse latest View live

VIDEO: Maklike mielie-en-kaas-brood met net 3 bestanddele

$
0
0

Vandag is Kaasliefhebbersdag en ons kan nie nee sê vir enigiets met die woord “kaas” daarin nie! Begin die naweek reg met hierdie maklike mielie-en-kaas-brood. Glo my, dit gaan jou lewe verander!

genoeg vir 1 brood

• 1 x 500 g-sakkie winkeldeeg
• koekmeel vir uitrol
• 200 g beleë cheddar, gerasper
• 1 x 410 g-blik pitmielies, gedreineer

_MG_9671

Stap 1
Verhit jou oond tot 180 °C. Sprinkel koekmeel oor jou werkvlak. Rol die deeg tot sowat 5 mm dik uit.

_MG_9679

Stap 2
Sprinkel die mielies in ’n eweredige laag oor die uitgerolde deeg.

_MG_9683

Stap 3
Sprinkel die kaas oor die mielies.

_MG_9693

Stap 4
Rol die deeg stewig op in ’n worsvorm.

_MG_9699

Stap 5
Gebruik ’n skerp mes en sny die deegwors in skywe van sowat 2 cm breed.

_MG_9707

Stap 6
Spuit ’n 30 cm-losboompan deeglik met kleefwerende kossproei en pak die deegwiele daarin.

_MG_9801

Stap 7
Laat die deeg vir 15 minute rys op ’n warm plek. Bak vir 25 – 30 minute tot goudbruin en bros. Laat afkoel en keer uit. Sit voor met lekker botter!

Kyk die video hier:

Lees nou

Whiskey vir ontbyt!

5 dinge wat van jou ’n beter kok gaan maak

5 slim wenke vir ’n skoner kombuis

The post VIDEO: Maklike mielie-en-kaas-brood met net 3 bestanddele appeared first on SARIE.


Brownie met net 4 bestanddele

$
0
0

Is daar ’n makliker of smaakliker manier om iemand te verlei as met sjokolade? Ek moet nog die mens ontmoet wat kan nee sê vir sjokolade, want ek weet ek kan nie. Wie durf jou kwalik neem as jy keer op keer swig?

Dis musiek in my ore as ek hoor ’n resep is maklik en bestaan uit net 4 bestanddele – dié brownie-resep is een van hulle.

Met die rand wat val vir die eerste span en slegte nuus wat ons links en regs tref, is dié lekkerte jou beste medisyne.

Eet hierdie brownies sonder skuldgevoel. Nooi jou vriende en familie, want in sulke moeilike tye maak sjokolade nie vet nie.

via GIPHY

Brownie met 4 bestanddele
maak 10-12 skywe

• 600 g (500 ml) sjokoladesmeer – ons het Nutella gebruik
• 4 eiers
• 120 g (215 ml) koekmeel
• 250 g frambose, vars of bevrore

Verhit die oond tot 180 °C. Meng die sjokoladesmeer, eiers en koekmeel tot ’n gladde beslag.

Voer ’n losboomkoekpan van 30 cm met bakpapier uit en spuit dit met kleefwerende kossproei.

Gooi die beslag in die pan en skep die bessies oor. Bak dit vir 25-30 minute tot gestol.

Laat dit heeltemal afkoel voor jy dit uit die pan haal en in blokkies sny om voor te sit. Ja, jy het reg gelees: Jy het sowaar net vier bestanddele nodig om hierdie sjokolade-lekkerte self te maak.

VARIASIE
Vervang die bessies met gekapte neute of witsjokoladesplinters.

FOTO Unsplash / Toa Heftiba

FOTO Unsplash / Toa Heftiba

5 dinge wat jy van sjokolade móét weet

1. Die woord sjokolade is afgelei van die Asteekse woord xocolatl, wat “bitter water” beteken.

2. Die kakaoboom se saadpeul was die inspirasie vir die vorm van die Coca-Cola-bottel.

3. Sjokolade smelt in jou mond omdat die smeltpunt van kakaobotter 35,5 °C is – net laer as ons liggaamstemperatuur.

4. Sowat 40% van alle vroue en 15% van mans smag gereeld na sjokolade, en omtrent ’n miljard mense bederf hulself elke dag daarmee.

5. Sjokolade is skadelik vir honde omdat dit die stimulant teobromien bevat wat die sentrale senuweestelsel en hartspiere van honde kan vergiftig.

via GIPHY

Lees nou

Dié top-10 SA vakansieplekke raak vinnig vol!

Ons heupe huil, maar ons kook en geniet

Leah se 5 skoonheidsgeheime

The post Brownie met net 4 bestanddele appeared first on SARIE.

Deelborde vir twee vir ontbyt

$
0
0

Die nuutste manier om daardie spesiale mens in jou lewe te bederf: Jy pak alles op ’n houtplank en julle eet so saam-saam. Hier is die perfekte deelbord vir ontbyt! 

Soggens moet jy goed eet om jou aptyt die res van die dag in toom te hou. Lekkerder as hierdie maklike Franse roosterbrood en croissants vol sjokolade kry jy nie!

FOTO Micky Hoyle

FOTO Micky Hoyle

Esdoringstroopspek

· 125g Strepiespek
· 45ml Esdoringstroop (maple syrup)

Verhit oond tot 180 °C. Voer ’n bakplaat uit met foelie. Rangskik spek op bakplaat en verf stroop oor. Oondbraai tot bros.
Hou warm eenkant.

Franse roosterbrood van engelse muffins

· 5 eiers
· 15 ml melk
· sout
· 3 Engelse muffins, gehalveer
· 75 g (80 ml) botter

Klits eiers en melk saam en geur met sout. Plaas 3 halwe muffins op ’n slag in eiers. Laat week sowat 5 minute. Smelt ’n derde van die botter in ’n pan oor lae hitte. Plaas die 3 halwe muffins in warm pan en laat res in eiers week terwyl jy die muffins braai tot gaar. Draai muffins halfpad om en braai tot gaar. Hou warm eenkant en smelt nog ’n derde van botter in pan. Braai res van muffins. Hou geklitste eier eenkant vir croissants.

Sjokolade-gevulde croissants

· 2 croissants
· 60 ml sjokoladesmeer (Nutella)
· versiersuiker

Sny croissants oop, maar nie dwarsdeur nie. Vul met sjokoladesmeer en maak toe. Plaas in geklitse eiers en laat week 5 minute. Smelt laaste derde van botter in dieselfde pan waarin jy die muffins gebraai het. Braai croissants sowat 3 minute. Draai om en braai tot gaar. Haal uit pan en sif bietjie versiersuiker oor. Sit voor met vrugte en esdoringstroop.

Sit voor saam met

· 100 g vars frambose
· 100 g aarbeie
· 100 g bloubessies
· esdoringstroop

Lees nou

Gratis ontwerpe vir 4 tipes afsprake vir #Valentynsdag

Romantiese piekniek vir twee

#SARIEfees is hier!

The post Deelborde vir twee vir ontbyt appeared first on SARIE.

Die beste knoffelbrood nóg!

$
0
0

’n Naweek is nie ’n naweek sonder ’n braai, bier, biltong – en knoffelbrood nie! Die geheim van daai smelt-in-die-mond-brood en die smake onder die krakerige korsie is die knoffel wat jy gebruik.

Bly tog weg van daardie geel knoffel in die olie … Gebruik vars knoffel wat jy self fynkap.

Jy het die volgende nodig:

• 12 klein broodrolletjies in aluminiumbak
• 3 wiele fetakaas
• 5 knoffelhuisies, gekap
• 230 g (250 ml) botter, gesmelt
• paar lourierblare
• bakpapier vir oondbraai

Stap vir stap

_MG_9057

Stap 1

Verhit oond tot 180 °C. Gebruik skerp riffelmes en sny ’n kruis deur elke broodrolletjie – moenie dwarsdeur sny nie, net sowat 1 cm diep.

_MG_9068

Stap 2

Krummel die fetakaas in grofweg en druk dit in die snye wat jy in die rolletjies gemaak het. Jy kan ook cheddar gebruik of selfs parmesaan as jy luuks wil wees.

_MG_9071

Stap 3

Meng gekapte knoffel en botter saam.

_MG_9075

Stap 4

Skep geurige knoffel ruim oor die brood – dit gaan na baie lyk, maar skep alles oor.

_MG_9083

Stap 5

Pak die vars lourierblare bo-op die brood.

_MG_9092

Stap 6

Maak die brood toe met bakpapier en plaas alles op ’n oondroosterplaat. Bak vir 15-20 minute of tot goudbruin en bros.

_MG_9096

Stap 7

Geniet jou braai!

_MG_9486

The post Die beste knoffelbrood nóg! appeared first on SARIE.

Malvapoeding met koek uit ’n boks

$
0
0

Ek kan nooit genoeg van my ouma se malvapoeding kry nie, maar dis nogal baie werk. Gelukkig het ek ’n kortpad gevind! Die geheim is appelkooskonfyt en die sous.

genoeg vir 6

• 1 x 650 g-boks sjokoladekoekmengsel
• 3 eiers
• 180 ml sonneblomolie
• 250 ml melk
• 60 ml appelkooskonfyt

Stroop

• 1 blik ingedampte melk (Ideal Milk)
• 250 ml warm water
• 400 g (500 ml) suiker
• 30 ml botter
• 5 ml vanieljegeursel

Vir voorsit

• 500 ml vanieljevla
• 1 liter vanieljeroomys

Verhit die oond tot 180 °C. Plaas die koekmengsel, eiers, olie, melk en konfyt in ’n groot mengbak. Roer tot glad met ’n draadklitser. Spuit ’n 30 cm-ringkoekpan met kleefwerende kossproei. Gooi mengsel in pan en bak vir 25 – 30 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom.

Maak intussen die stroop terwyl die koek bak: Plaas al die bestanddele in ’n middelslagpot en bring tot kookpunt. Gooi oor die koek sodra dit uit die oond kom. Keer uit op ’n opdienbord en sit voor met vanieljevla en -roomys.

WENK: Jy kan die poeding ook met vanielje-bokskoek maak. Roer dan so 30 ml kakaopoeier by die stroop in om dit ekstra dekadent te maak

Nóg 4 slim planne – als met koekmengsel uit ’n boks!

The post Malvapoeding met koek uit ’n boks appeared first on SARIE.

Kaaskoek-draairoomys

$
0
0

Jy kan ook gekoopte kaaskoek vir dié resep gebruik as jy nie jou eie wil bak nie.

genoeg vir 1,2 liter

Plaas 1 liter vanieljeroomys in elektriese menger se bak. Klits op mediumspoed met die K spaan tot gladde mengsel. Voeg van gebakte kaaskoek sonder die karamelsous by en meng weer tot gladde mengsel. Skep mengsel terug in roomysbak en vries tot gestol maar steeds sag – dit duur sowat 2 uur. Skep mengsel in spuitsak met 1 cm-tuit en spuit in opdienbekers of roomyshorinkies. Sit voor met karamelsous van kaaskoek.

The post Kaaskoek-draairoomys appeared first on SARIE.

Kaaskoek-don pedro

$
0
0

Dié drankie is eie aan ons land en ’n gunsteling op baie tafels. Probeer gerus ons ekstra romerige weergawe, dit sal die hoogtepunt van jou feesmaal wees!

genoeg vir 10

Plaas 1 liter vanieljeroomys in voedselverwerker met 150 ml Frangelico (haselneut-likeur). Voeg kaaskoek en 100 ml melk by. Klits op hoë spoed tot gladde mengsel. Verdeel karamelsous tussen opdienbekers (sowat 10), gooi don pedro-mengsel in bekers. Sit voor met kaneelspringmielies en ekstra sagte room.

The post Kaaskoek-don pedro appeared first on SARIE.

Gebakte kaaskoek met karamelsous

$
0
0

Hierdie basiese gebakte kaaskoek is jou beste vriendin.

genoeg vir 1 koek

Kors
• 1 pakkie (200 g) vanieljekoekies, fyngekap
• 100 g botter, gesmelt

Meng koekies met botter. Gooi mengsel in ’n 20 cm-losboomkoekpan en gebruik vingerpunte om die bodem van pan daarmee uit te voer. Maak toe met kleefplastiek en plaas vir sowat 1 uur in yskas.

Vulsel
• 1 kg geroomde maaskaas, kamertemperatuur
• 210 g (250 ml) strooisuiker
• 45 ml koekmeel
• 5 groot eiers, kamertemperatuur
• 125 ml room
• 15 ml gerasperde suurlemoenskil
• 5 ml vanieljegeursel

Verhit oond tot 180 °C. Plaas maaskaas, strooisuiker en meel in elektriese menger se bak. Klits goed vir sowat 2 minute. Skraap kante van menger skoon. Breek eiers een vir een by en klits elke keer goed. Voeg room by en klits goed vir sowat 5 minute. Voeg suurlemoenskil en geursel by en meng goed. Plaas uitgevoerde koekpan op ’n bakplaat en gooi vulsel in. Bak vir 15 minute. Stel temperatuur laer op 120 °C. Bak vir nog 1 uur en 45 minute. Haal uit en laat afkoel. Plaas in yskas en laat verder stol, verkieslik oornag.

Sous
• 200 g (250 ml) suiker
• 100 ml water
• 50 g (55 ml) botter
• 125 ml room

Plaas suiker en water in middelslagpot en roer oor lae hitte tot suiker opgelos het. Verhoog hitte en bring tot kookpunt. Laat vinnig kook totdat ’n goue karamel vorm – sowat 10 minute. Moenie roer terwyl die sous kook nie. Verwyder pot van hitte en voeg botter by. Beweeg pot stadig in die rondte tot botter gesmelt is. Voeg room by en meng vinnig met ’n draadklitser tot ’n gladde karamel. Werk versigtig, want die mengsel is baie warm. Laat afkoel. Plaas kaaskoek op opdienbord en verwyder pan se ring. Gooi sous oor en sit voor.

Maak met dié resep 2 splinternuwe geregte

Kaaskoek-draairoomys

Kaaskoek draairoomys Sarie  Feb17  Kos   (9 of 15)

FOTO Michael Le Grange

 

Kaaskoek-don pedro

Sarie  Feb17  Kos   (10 of 15)

FOTO Michael Le Grange

Lees nou

SA Michelin-sjef behou sy ster

Inspirasiekos met SARIE: Kook met spanspek

#SARIEfees is hier!

The post Gebakte kaaskoek met karamelsous appeared first on SARIE.


Goue perskevonkel

$
0
0

Perskes is nou oral beskikbaar. Gebruik dit om dié verfrissende mengeldrankie te maak – perfek as skemerkelkie of by ’n elegante vonkelontbyt.

MAAK EERS DIE STROOP

Bring 250 ml water saam met 200 g suiker tot kookpunt. Verwyder van stoof en voeg 6 takkies vars tiemie by. Laat afkoel.

MENGELDRANKIE

• 50 ml stroop
• 1 geelperske met skil, in
• dun skyfies gesny
• 1 nektarien met skil, in
• dun skyfies gesny
• 12 takkies vars
• tiemie
• 1 bottel vonkelwyn van jou keuse (alkoholvrye vonkelwyn kan ook gebruik word)

Kneus ’n paar nektarienskywe in die stroop en gooi dit deur ’n sif. Dit gee die stroop ’n ligpienk kleur en delikate perskegeur. Skink stroop in ’n glas en vul die glas met vonkelwyn. Plaas ’n paar skyfies perske en nektarien in die glas.

Garneer met ’n takkie tiemie.

WENK: Maak seker die vonkelwyn is yskoud, want geen ys word in die drankie gebruik nie

Resepte wat jy ook sal geniet

Somer-mengeldrankie

Framboos mojito

The post Goue perskevonkel appeared first on SARIE.

Bak vandag piesangbrood!

$
0
0

Die Amerikaners vier vandag nasionale piesangbrooddag. En nou vier ons dit sommer ook, want daar’s altyd ’n goeie verskoning om piesangbrood te eet! Wie kan nou eintlik hierdie geurige broodjie weerstaan?

Die brood sal twee dae vars bly in ’n lugdigte houer.

(’n broodpan van so 18 x 10 cm)

• 120 g (130 ml) botter
• 150 g (160 ml) suiker
• 2 eiers
• 4 ryp piesangs
• 15 ml suurlemoensap
• 240 g (430 ml) koekmeel
• 2 ml sout
• 5 ml koeksoda
• 30 ml melk

Verhit jou oond tot 180 °C. Klits botter en suiker saam tot lig en romerig in jou elektriese menger. Voeg eiers een vir een by en klits goed ná elkeen. Verpulp piesangs in ’n voedselverwerker en voeg suurlemoensap by. Sif droë bestanddele saam en voeg dit om die beurt met die melk by die bottermengsel. Skep beslag in ’n goed gesmeerde broodpan. Bak vir 1 uur. Toets met ’n dun pennetjie – dit moet droog uitkom – voor jy die brood uit die oond haal.

The post Bak vandag piesangbrood! appeared first on SARIE.

Crème brûlée in 5 minute

$
0
0

Wees grênd in ’n japtrap. Makliker as dít sal jy nie kry nie!

genoeg vir 2

125 ml room

250 ml winkelvla

15 ml bruinsuiker

Klits die room styf. Vou die winkelvla by die room. Gooi in ramekin-bakkies. Sprinkel bruinsuiker bo-op. Gebruik ’n blaasvlam en brand die suiker tot dit gekaramelliseer het. Laat staan sowat 1 minuut tot die karamel afgekoel het. Sit dan dadelik voor.

The post Crème brûlée in 5 minute appeared first on SARIE.

Grondboontjie-en-karamelskommel

$
0
0

Sit voor met pretzels wat in donkersjokolade gedoop is om deur die soet te sny. Heerlik!

genoeg vir 6

• 200 g (250 ml) suiker
• 200 ml water
• 100 g (108 ml) botter
• 250 ml room
• 250 ml gladde grondboontjiebotter, plus ekstra vir voorsit
• 1 liter vanieljeroomys, plus ekstra vir voorsit
• 400 ml melk
• 1 x 70 g-sakkie kaneelgegeurde springmielies
• 1 x 100 g-sakkie pretzels, in donkersjokolade gedoop

Plaas suiker en water in middelslagpot en verhit oor lae hitte terwyl jy roer. Verhoog hitte sodra suiker opgelos het en bring tot kookpunt. Laat kook 8-10 minute sonder om te roer tot goue karamel vorm – skud pot net nou en dan heen en weer. Verwyder pot van hitte en voeg botter en room by. Skud pot liggies heen en weer tot alles mooi ingemeng is. Laat afkoel.

Plaas grondboontjiebotter, roomys en melk in voedselverwerker. Meng by hoë spoed om gladde melkskommelmengsel te maak. Skep ’n teelepel ekstra grondboontjiebotter in elk van 6 glase en smeer teen kant van glas met agterkant van lepel. Vul derde van glas met melkskommel en skep bietjie karamelsous bo-op. Herhaal lae tot glas vol is.

Plaas ’n skep van die ekstra roomys bo-op saam met hande vol springmielies. Plak pretzels aan kant van glas vas met klein bietjie grondboontjiebotter. Sit dadelik voor.

Hierdie is ook ons voorbladresep van SARIE KOS. Maak seker jy koop jou uitgawe vandag nog vir nóg melkskommelresepte, diabeetresepte, deelborde én flatervrye Franse macarons.

sarie kos februarie maart feb mrt 2017

Jy sal ook geniet …

Freakshakes: ja, dis ’n regte woord!

Herman kry 5 lekkerste Oreo-resepte

Grondboontjie-karamelblokkies

The post Grondboontjie-en-karamelskommel appeared first on SARIE.

’n Ode aan pampoen: Inspirasiekos met SARIE

$
0
0

Sê jy pampoen, krul my tone van lekkerkry. As jy al ooit die pad van die Kaap na die Klein-Karoo gevat het, het jy sekerlik Die Pampoenstalletjie anderkant Worcester gesien – daai klein padstal wat toegepak is met elke soort pampoen onder die son.

Ek moes eenvoudig daar gaan inloer en hoor wat die storie agter die pampoene is. Vanaand om 18:30 deel ek dit met jou op Inspirasiekos met SARIE op Via, DStv-kanaal 147.

IKMS_S5EP09_pic10

Op ons Inspirasie-spyskaart hierdie week:

• My ma se pampoenkoekies
• Geurige pampoenkerrie
• Koeskoes-en-pampoenslaai

Maak seker jy kyk elke Maandag om 18:30 Inspirasiekos met SARIE op Via, DStv-kanaal 147. Ons vertel jou die storie van kos en waar bestanddele vandaan kom.

IKMS_S5EP09_pic2

My ma se pampoenkoekies met miso-karamelsous

As jy ooit Borcherdstraat op Upington besoek het vir Sondagmiddagete, kon jy maar weet my ma se pampoenkoekies sou op die tafel wees. Ek gee die karamelsous ’n moderne smaak met miso-smeer, ’n Oosterse bestanddeel gemaak van gefermenteerde sojabone. Jy kan dit uitlos as jy dit nie kry nie.

genoeg vir 12

• 480 g (500 ml) gaar pampoen
• 280 g (500 ml) koekmeel
• 20 ml bakpoeier
• 2 eiers
• 10 ml anyssaad
• sout en varsgemaalde swartpeper
• sonneblomolie vir diepbraai
• 100 g kaneelsuiker

Karamelsous

• 200 g (250 ml) suiker
• 75 g (80 ml) botter
• 100 ml water
• 250 ml room
• 10 ml miso-smeer (opsioneel)

Druk pampoen fyn met aartappeldrukker. Voeg by koekmeel, bakpoeier, eiers en anys. Meng deeglik met houtlepel. Geur goed met sout en peper. Verhit olie vir diepbraai in groot pot – die olie moet ten minste 10 cm diep wees. Moenie die olie te warm maak nie. Gebruik ’n roomyslepel en doop dit in die warm olie voor jy ’n lepel vol beslag skep en in die olie laat plons. Hou aan tot die pot vol is. Plaas deksel op pot en braai vir 5 minute. Maak pot oop en draai poffers om. Maak pot weer toe. Herhaal proses tot die poffers goudbruin en gaar is, dit sal sowat 10-15 minute neem. As die olie te warm raak, draai die temperatuur af, anders gaan die poffers brand voor dit aan die binnekant gaar is. Dreineer op kombuispapier en rol in kaneelsuiker. Sit voor met karamelsous.

Karamelsous

Plaas suiker, botter en water in middelslagpot. Bring tot kookpunt en roer oor lae hitte met houtlepel tot suiker gesmelt is. Verhoog hitte en kook tot goue karamel vorm (sowat 8-10 minute). Voeg room en miso by. Meng saam en bring weer tot kookpunt. Laat afkoel tot louwarm en gooi oor poffers.

IKMS_S5EP09_pic8

Geurige pampoenkerrie

Ek put baie vreugde daaruit om vegetariese geregte vir my vleisetende vriende voor te sit, sonder om vir hulle te sê. Eers as hulle vir ’n tweede ronde kom, lig ek hulle in dat daar geen vleis in is nie. Ja, jy kan vegetariese geregte net so baie geniet!

genoeg vir 6

• 45 ml olyfolie
• 1 ui, fyngekap
• 30 ml vinkelsaad
• 30 ml rissievlokkies
• 45 ml gerookte masala
• 20 ml borrie
• 2 lourierblare
• 2 x 410 g-blikke klappermelk
• 1 x 410 g-blik gekapte tamaties
• 12 skywe pampoen, skil aan
• 1 hand vol koljander, fyngekap
• sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 180 °C. Verhit olyfolie in groot braaipan tot warm. Voeg ui, vinkelsaad en rissievlokkies by. Roerbraai vir 5 minute of tot uie begin verbruin – as dit lyk of die speserye begin brand, gooi ’n bietjie water by. Voeg res van speserye vir die sous by en roerbraai verder vir nog 5 minute of tot mengsel geurig is. Gooi klappermelk en tamaties by. Meng deur. Pak pampoenskywe in sous en maak braaipan toe. Plaas in warm oond en bak vir  20-25 minute of tot dik, romerige sous vorm. Roer vars koljander deur. Geur goed met sout en peper en sit warm voor.

IKMS_S5EP09_pic6

Koeskoes-en-pampoenslaai

Ken jy moghrabieh? Dis Libanese koeskoes. Die korrels is groter as dié van gewone koeskoes en jy moet dit langer kook. Kyk by deli’s daarvoor – dis heerlik!

genoeg vir 8

• 400 g pampoenblokkies
• 45 ml olyfolie, plus ekstra
• 20 ml heel komyn
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 500 g pêrel-koeskoes
• 1 liter hoenderaftreksel
• 400 g kersietamaties, gehalveer
• 1 hand vol vars koljander, gekap
• 4 wiele feta

Sous

• 125 ml hoemoes
• 80 ml kookwater

Verhit oond tot 180 °C. Plaas pampoen in oondroosterbak en sprinkel 45 ml olyfolie en komyn oor. Geur goed met sout en peper. Plaas in oond en bak vir 25-30 minute of tot goudbruin en bros. Terwyl pampoen bak, plaas koeskoes en hoenderaftreksel in groot pot en bring tot kookpunt. Kook vir 15-20 minute of tot koeskoes sag maar nie pap is nie. Dreineer en sprinkel ekstra olyfolie oor. Voeg gaar pampoen, tamaties, koljander en feta by koeskoes. Meng deur. Geur weer met sout en peper indien nodig. Meng hoemoes en kookwater en gooi oor koeskoes. Skep in opdienbak en sit voor.

Nóg Inspirasiekos met SARIE-resepte

Waterblommetjies | Sout | Mossels en Oesters | Meel | Sampioene | Mozzarella | Soutwaterforel |

The post ’n Ode aan pampoen: Inspirasiekos met SARIE appeared first on SARIE.

Sagopoeding met frambose en meringue

$
0
0

As die winter op my grootworddorp, Upington, aan ons deur komklop het, het my ouma dadelik vir ons sagopoeding gemaak.
Genoeg vir 8

• 140 g (200 ml) sago
• 750 ml laktosevrye melk
• 1 heel kaneelstok
• 100 g (125 ml) suiker
• knippie sout
• 2 eiergele, geklits
• 50 ml frambooskonfyt
• 6 eierwitte
• 120 g (150 ml) suiker

Verhit oond tot 180 °C. Spoel sago af. Gooi melk in ’n pot. Voeg kaneelstok en sago by en verhit stadig. Kook oor lae hitte totdat sago deurskynend is. Voeg 100 g suiker en sout by. Meng goed. Haal kaneelstok uit. Verwyder pot van stoof. Voeg geklitste eiergele by en meng. Skep mengsel in ’n oondbak en stip konfyt oor – jy kan ook individuele porsies maak soos op die foto. Klits die eierwitte styf en voeg die 120 g suiker geleidelik by terwyl menger loop. Skep die meringue bo-op die sagomengsel en bak 20 – 25 minute in warm oond. Sit warm voor met ekstra konfyt – vir daai bietjie ekstra bederf.

The post Sagopoeding met frambose en meringue appeared first on SARIE.

Die maklikste soetpatats nóg

$
0
0

Jy kan maar weet jou kuiertafel is nie volledig as daar nie soetpatats op is nie. Dis een van die goedkoopste en maklikste bykosse wat jy kan berei. Dit smaak ewe lekker warm of koud. Hier is my maklikste een nóg met net 5 bestanddele!

Jy het nodig

• 5 patats in ringe gesny
• 200 g botter, blokkies gesny
• 150 ml heuning
• 5 ml fyn neut (nutmeg)
• 3 kaneelstokke
• sout en vasrgemaalde swartpeper

_MG_9522

Stap 1

Verhit oond tot 180 °C. Plaas patatskywe in oondroosterpan.

_MG_9531

Stap 2

Pak blokkies botter oral op patats – dit gaan na baie lyk, maar dis waar die geur en smaak skuil!

_MG_9535

Stap 3

Gooi heuning oor patats – maak seker alles is oral bedek met die heuning.

_MG_9545

Stap 4

Sprinkel neut oor en breek kaneel in growwe stukke. Geur alles goed met sout en peper. Maak pan toe en bak vir 30-35 minute of tot patats sag en goudbruin is.

Verwyder uit oond, garneer met vars basiliekruid, sit voor en geniet!

_MG_9733

 

Soetpatats soos Leipoldt dit sou maak

Oktober is die mooiste maand, volgens Leipoldt. En Barbara gaan kuier vir die Oktober/November-uitgawe van SARIE KOS by Kokkedoor-wenner Mynhardt Joubert waar hy ‘n lente-ete kook met inspirasie van die befaamde C. Louis Leipoldt.

Ons wys ook vir jou stap vir stap hoe om dié kos-ikoon se legendariese soetpatas te maak.

SARIE KOS Okt Nov 2016

 

The post Die maklikste soetpatats nóg appeared first on SARIE.


8-minuut-jogurt-kaaskoek

$
0
0

Klou vir oulaas aan die laaste bietjie somer met hierdie maklike kaaskoek.

Genoeg vir 6–8

Bestanddele

1 x 200 g-pakkie klapperkoekies

100 g (110 ml) botter, gesmelt

500 ml dik aarbeijogurt

1 x 385 g-blik kondensmelk

5 ml vanieljegeursel

100 g frambose

sap en gerasperde skil van 2 suurlemoene

100 g gekapte pistasieneute, fyngekap

vars aarbeie om voor te sit

Metode

Plaas koekies in voedselverwerker en pols by hoë spoed tot fyn. Voeg botter by en meng tot klam mengsel vorm. Voer die bodem en 2 lang sye van ’n mikrogolfbestande broodpan van 20 x 14 cm met bakpapier uit. Die papier moet bo uitsteek sodat jy die kaaskoek later maklik kan uitlig. Spuit pan dan goed met kleefwerende kossproei. Voer pan uit met krummels. Meng jogurt, kondensmelk, vanieljegeursel, frambose en sap en skil van suurlemoen en gooi in uitgevoerde pan. Plaas in mikrogolfoond op hoog vir 8 minute. Laat afkoel tot kamertemperatuur en plaas in yskas vir 4–6 uur. Lig uit pan met behulp van bakpapier en plaas op opdienbord. Sprinkel neute oor en pak vars aarbeie bo-op. Sit voor.

The post 8-minuut-jogurt-kaaskoek appeared first on SARIE.

Glutenvrye karringmelkbeskuit met muesli en bloubessies

$
0
0

Gebruik muesli wat in die oond gerooster is – dit het meer smaak en geur.

genoeg vir 14 – 16 stukke

• 1 x basiese glutenvrye karringmelkbeskuit-resep
• 190 g (375 ml) muesli
• 1 x 100 g-pakkie droë bloubessies

Volg metode vir basiese resep tot net voor jy die vloeistof by die droë bestanddele gooi. Voeg muesli en bloubessies by droë bestanddele. Voeg vloeistof by en meng deur. Skep beslag in ronde koekpan van 25 cm in deursnee of ’n broodpan van 20 x 12 cm wat goed met kleefwerende kossproei gespuit is.

Bak 50 – 60 minute of tot toetspen skoon uitkom. Laat afkoel en keer uit. Sny beskuit met riffelrandmes in porsies so groot soos jy verkies. Plaas op afkoelrak en droog sowat 4 uur lank uit in louwarm oond van 60 °C of oornag in louoond.

Kry die resep vir basiese glutenvrye karringmelkbeskuit HIER.

The post Glutenvrye karringmelkbeskuit met muesli en bloubessies appeared first on SARIE.

Glutenvrye karringmelkbeskuit met sjokolade en pistasieneut

$
0
0

Vir my kan jy sjokolade gee vir aandete, middagete en ja, selfs vir ontbyt!

genoeg vir 14 – 16 stukke

• 1 x basiese glutenvrye karringmelkbeskuit-resep
• 1 x 100 g-pakkie pistasieneute, grofgekap
• 125 g donkersjokolade-splinters

Volg metode vir basiese resep tot net voor jy die vloeistof by die droë bestanddele gooi. Voeg neute en sjokolade by droë bestanddele. Voeg vloeistof by en meng deur. Skep beslag in ronde koekpan van 25 cm in deursnee of broodpan van 20 x 12 cm wat goed met kleefwerende kossproei gespuit is.

Bak 50 – 60 minute of tot toetspen skoon uitkom. Laat afkoel en keer uit. Sny beskuit met riffelmes in porsies so groot soos jy verkies. Plaas op afkoelrak en droog sowat 4 uur lank uit in oond van 60 °C of oornag in louoond.

Kry die resep vir basiese glutenvrye karringmelkbeskuit HIER.

The post Glutenvrye karringmelkbeskuit met sjokolade en pistasieneut appeared first on SARIE.

Glutenvrye karringmelkbeskuit met fudge

$
0
0

Die soet van die fudge smaak eersteklas saam met die karringmelk.

genoeg vir 14 – 16 stukke

• 1 x basiese glutenvrye karringmelkbeskuit-resep
• 100 g sagte fudge

Volg metode vir basiese resep tot net voor jy die vloeistof by die droë bestanddele gooi. Voeg fudge by droë bestanddele. Voeg vloeistof by en meng deur. Skep beslag in ronde koekpan van 25 cm in deursnee of broodpan van 20 x 12 cm wat goed met kleefwerende kossproei gespuit is.

Bak 50 – 60 minute of tot toetspen skoon uitkom. Laat afkoel en keer uit. Sny beskuit met riffelmes in porsies so groot soos jy verkies. Plaas op afkoelrak en droog sowat 4 uur lank uit in oond van 60 °C of oornag in louoond.

Kry die resep vir basiese glutenvrye karringmelkbeskuit HIER.

The post Glutenvrye karringmelkbeskuit met fudge appeared first on SARIE.

#PizzaKaren: Bloukaas en gekaramelliseerde uie pizza

$
0
0

Sy is ’n rocker, ’n president, ’n ma en iemand waarop Suid-Afrika trots kan wees. Karen Zoid sal ook nie sommer haar kabinet en ministers rondskommel nie. O nee, sy weet wat sy doen! Hier’s ’n grênd pizza spesiaal vir daardie laataand-vergaderings met jou ministers.

Screen Shot 2017-04-04 at 10.14.46 AM

Genoeg vir 1 pizza

• 1 pizza-basis
• 125 g gerasperde mozzarella-kaas
• 50 g bloukaas, gekrummel
• sowat 40 ml gekaramelliseerde uie
• varsgemaalde swartpeper
• olyfolie om oor te sprinkel
• hand vol vars roket

Verhit oond tot 230 °C. Plaas pizza-basis op ’n bakplaat. Sprinkel mozzarella-kaas bo-op. Sprinkel bloukaas oor en skep uie bo-op. Geur met swartpeper en sprinkel bietjie olyfolie oor. Plaas in oond en bak 10 – 12 minute. Haal uit en sprinkel vars roket bo-op.

Soek jy nog ’n afrigter se pizza? Hier’s die resepte!

Screen Shot 2017-04-04 at 10.20.57 AM

#PizzaKahn

#PizzaBobby

The post #PizzaKaren: Bloukaas en gekaramelliseerde uie pizza appeared first on SARIE.

Viewing all 270 articles
Browse latest View live