Quantcast
Channel: Resepte – SARIE
Viewing all 270 articles
Browse latest View live

#PizzaBobby: Tamatiesmoor-en-boerewors-pizza

$
0
0

Bobby van Jaarsveld is sjarmant, trots Afrikaans, ’n man met ’n groot hart en wie se stem jou knieë altyd lam kan maak. Ou Bobby, hierdie pizza is net vir jou! 

Screen Shot 2017-04-04 at 10.13.23 AM

(4 klein pizzas)

• 125 ml louwarm water
• 10 g kitsgis
• 30 ml olyfolie
• 10 ml sout
• 160 g (250 ml) mieliemeel
• 2 uie, gekap
• 3 knoffelhuisies, fyngekap
• 1 brandrissie, fyngekap
• 7 tamaties, skil verwyder en grofgekap
• 20 ml heuning
• 4 tiemietakkies
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 400 g boerewors, gaargebraai, in stukkies gesny
• 150 g vars mozzarellakaas (buffalo mozzarella)
• 200 g kersietamaties of tamaties van jou keuse

Verhit oond tot 220˚C. Gooi water, gis, 20 ml olyfolie en sout in groot mengbak. Meng tot alles opgelos is. Voeg mieliemeel geleidelik by en meng tot ‘n ferm deeg.Knie op meelbestrooide oppervlak tot glad en ferm – so 10 – 12 minute. Laat rys op ‘n warm plek tot dubbel die volume. Verhit res van olyfolie in braaipan en braai uie, knoffel en rissie tot goudbruin. Voeg tamaties, heuning en tiemie by.Verlaag hitte en prut vir 30 – 35 minute. Geur goed met sout en swartpeper.Vorm deeg in 4 balle en rol in sirkels van 20 cm uit. Plaas op ‘n bakplaat uitgevoer met bakpapier. Verdeel smoor tussen pizzas, gevolg deur wors,mozzarella en heel kersietamaties. Bak vir 10 -15 minute of totdat kante begin verbruin. Sit warm voor.

Soek jy nog ’n afrigter se pizza? Hier’s die resepte!

Screen Shot 2017-04-04 at 10.20.57 AM

#PizzaKahn

#PizzaKaren

The post #PizzaBobby: Tamatiesmoor-en-boerewors-pizza appeared first on SARIE.


#PizzaKahn: Songedroogde tamaties, fetakaas en avokado pizza

$
0
0

Ons ken Kahn Morbee as die hoofsanger van The Parlotones, en hy was ook die afrigter van die span wat die eerste seisoen van The Voice SA gewen het. Talentvol met ’n stem wat vir niks skrik nie. Hoe klink hierdie pizza, Kahn? 

Screen Shot 2017-04-04 at 10.16.02 AM

genoeg vir 1 pizza

• 1 pizza-basis
• 125 g gerasperde mozzarella-kaas
• 1 wiel fetakaas, gekrummel
• 8 gemarineerde songedroogde tamaties
• varsgemaalde swartpeper
• olyfolie om oor te sprinkel
• ½ avokado, in skywe gesny
• vars basiliekruidblare

Verhit oond tot 230 °C. Plaas pizza-basis op ’n bakplaat. Sprinkel mozzarella-kaas bo-op. Sprinkel fetakaas oor en rangskik tamaties bo-op. Geur met swartpeper en sprinkel bietjie olyfolie oor. Plaas in oond en bak 10 – 12 minute. Haal uit en rangskik avokado en basiliekruid bo-op

Soek jy nog ’n afrigter se pizza? Hier’s die resepte!

Screen Shot 2017-04-04 at 10.20.57 AM

#PizzaBobby

#PizzaKaren

The post #PizzaKahn: Songedroogde tamaties, fetakaas en avokado pizza appeared first on SARIE.

Maak bredie in net 45 minute

$
0
0

Die herfs is op ons voorstoep en as die koue kom inloer, is dit tyd vir bredie! Maar ons weet krag en tyd is duur en bredies vra al twee. Vat kortpad en maak bredie in jou drukkoker. Dis geurig en binne net 45 minute gaar.

FOTO Michael le Grange

FOTO Michael le Grange

KWEPER-LAMSBREDIE

Wat is winter sonder kwepers op die tafel? Maak jy dit gaar saam met die lam, is dit murgsag geskenkies wat vir jou wag met elke hap.

genoeg vir 4

• 45 ml olyfolie
• 1,5 kg kort lamskenkels (knuckles)
• 2 uie, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, gekap
• 2 stingels seldery, fyngekap
• 2 wortels, in ringe gesny
• 2 kaneelstokke
• ’n knippie saffraan
• 3 lourierblare
• 80 g tamatiepasta
• 2 kwepers, ontklok en in kwarte gesny
• 250 ml witwyn
• 500 ml beesaftreksel
• sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit olyfolie tot warm in drukkoker (stoompot). Verbruin lamskenkels sowat 2 – 3 minute in olie. Haal uit pot en hou eenkant. Gebruik dieselfde pot en voeg ui, knoffel, seldery, wortels en kaneel by. Roerbraai vir 2 – 3 minute. Voeg saffraan, lourierblare en tamatiepasta by. Roerbraai nog 2 minute. Voeg res van bestanddele en gebraaide vleis by. Geur met sout en peper, en roer deur. Maak drukkoker toe en laat stoom vir 45 minute. Laat stoom versigtig ontsnap uit pot en sit voor met bykos van jou keuse.

 Wenke vir jou stoompot

1. Moenie die stoompot se aangeduide merk vir vloeistof oorskry nie.

2. Onthou om altyd eers die stoom uit te laat voor jy die pot se deksel oopmaak.

3. Dis belangrik om by die regte stoomtyd te hou. As die vloeistof wegkook, sal die inhoud van die pot brand sonder dat jy besef.

4. Die kos smaak en lyk beter as jy die vleis eers verbruin voor jy dit stoom. Hanteer ’n stoompot soos ’n gewone pot: Braai eers alles mooi bruin voordat jy dit toemaak en begin stoom.

5. Die kosgeure is meer intens omdat dit onder druk gaar raak. Hou dit in gedagte wanneer jy speserye gebruik en moenie te veel byvoeg nie – hou by die resep.

The post Maak bredie in net 45 minute appeared first on SARIE.

Varklende gebraai in ’n soutkors

$
0
0

Varkvleis is nie net een van die mees bekostigbare vleissoorte op Suid-Afrikaanse kosrakke nie, maar ook propvol geur en smaak. Boonop kan jy dit op byna enige manier gaarmaak wat jy verkies – van oondbraai tot bros gebak in ’n pan.

PorkTAGr

Maar hier is nou vir jou ’n nuwe plan: ontbeende varklende (pork loin) in ’n soutkors in die kole gebraai en voorgesit met ’n sampioensous. Dit klink dalk na ’n mondvol, maar glo my, jou gaste gaan dink jy is baie grênd!

FOTO Willem Lourens

FOTO Willem Lourens

Kyk die video hier:

Ontbeende varklende gebraai in soutkors met sampioensous

Vra jou slagter om die vark te ontbeen en te ontvel.

genoeg vir 6-8

• kole vir braai
• 1 groot stuk melkdoek (muslin), sowat 40 cm x 40 cm
• kombuistou

• 6 eierwitte
• 1 kg growwe seesout
• 12 salieblare
• 50 ml vinkelsaad
• 1 kg ontbeende varklendevel verwyder

Sous
45 ml botter
• 3 knoffelhuisies, gekap
• 400 g bruinsampoene
• 350 ml room
• sout en varsgemaalde swartpeper

Vir voorsit
• baba-agurkies
• verskeidenheid mosterd, soos korrelmosterd en dijon

_MG_0538

Maak vleis só gaar: Kry jou kole vuurwarm – maak genoeg sodat jy gedurende die braaiproses nog kan bysit. Meng eierwitte en sout saam. Plaas melkdoek op werkoppervlak en versprei soutmengsel oor doek, los sowat 3 cm rand reg rondom die doek oop. Pak salieblare op sout in middel van vierkant. Sprinkel vinkelsaad oor. Plaas varklende bo-op die soutkombers waar die kruie en speserye lê. Rol die melkdoek met sout stewig om varklende sodat die stuk vleis reg rondom met sout bedek is. Knoop die punte stewig vas met kombuistou om te seël. Plaas die rol direk op die warm kole en braai vir 20 minute, draai en braai verder vir nog 20 minute. Draai die vleis vier keer tot dit reg rondom gebraai het in die sout – dis ’n totaal van sowat 70-80 minute, gooi ekstra kole by indien nodig. Jy sal sien die lap brand swart en die sout word kliphard.

_MG_0591

Maak die sous terwyl die vark braai: Verhit botter tot warm in groot pot en voeg knoffel en sampioene by. Roerbraai vir 5-8 minute of tot geurig. Gooi room by en verlaag hitte. Laat stadig prut vir 10 minute of tot romerige sous vorm. Verwyder van hitte en geur goed met sout en peper.

_MG_0615

Sit só voor: Verwyder die varkrol uit die kole en plaas op skoon kapplank. Laat rus vir 10 minute. Verwyder melkdoek en gebruik ’n stok om die soutkombers oop te breek. Breek die sout af en gooi weg. Gebruik ’n kombuiskwas en stof sout van vleis af. Plaas op opdienbord en sny in skywe. Skep warm sous oor en sit voor met agurkies en mosterd.

* In samewerking met South African Pork.

The post Varklende gebraai in ’n soutkors appeared first on SARIE.

Tuisgemaakte gemmerbier

$
0
0

Nie net is yskoue gemmerbier heerlik nie, maar gemmer is ook baie bevorderlik vir jou metabolisme.

genoeg vir 3,5 liter

• 1 x 10 g-sakkie kitsgis
• 400 g (500 ml) suiker
• 10 ml Jamaika-gemmer
• 1 groot gemmerwortel, geskil en in stukke gesny
• ’n hand vol rosyne

Meng gis met 500 ml louwarm water in ’n mengbak. Laat staan tot ’n skuimbol vorm –sowat 2 uur. Meng suiker en 3 liter water tot suiker heeltemal opgelos het. Voeg gismengsel, Jamaika-gemmer en gemmerwortelstukke by en meng goed. Voeg rosyne by. Gooi mengsel in plastiekemmer, maak toe met kleefplastiek en laat staan oornag. Gooi die volgende oggend die gemmerbier deur ’n moeseliendoek in bottels. Gooi rosyne weg. Laat bier koud word en sit voor. Jy kan dit 1-2 weke in die yskas hou.

Lees nou

Dubbelsjokolade-melkskommel

VIDEO: Kokkedoortjies raai (deel 1)

Koffietyd oor die langnaweek

The post Tuisgemaakte gemmerbier appeared first on SARIE.

’n Spaanse okkasie – al die resepte

$
0
0

Vir die eerste episode van SARIE se splinternuwe kookprogram, Okkasie-inspirasie (Maandae om 18:30 op Via, DStv-kanaal 147), het kosredakteur Herman Lensing vir Surene Scheepers na sy huis genooi om vir haar ’n Spaanse kombuistee te help reël.

Surene hou van warm geure en helder kleure, en dis presies wat Herman op die spyskaart vir haar tapas-kuier gesit het.

Screen Shot 2017-04-17 at 4.34.00 PM

Surene se spyskaart
• Tuisgemaakte wors – sonder ’n masjien!
• Spek-en-parmesaan-krokette
• Sjokolade-crema catalana

Screen Shot 2017-04-17 at 4.33.40 PM

Tuisgemaakte wors – sonder ’n masjien!

genoeg vir 12 – 16

• 1 kg varkmaalvleis van goeie gehalte
• 100 ml yskoue witwyn
• 250 g spek, fyngekap
• 4 knoffelhuisies, fyngekap
• 45 ml gerookte paprika
• 20 ml cayenne-peper
• 5 ml fyn komyn
• 10 ml gedroogde origanum
• 10 ml sout
• varsgemaalde swartpeper
• 1 skoon derm (bestel by jou slagter), geweek in koue water
• olyfolie vir braai

Plaas maalvleis in mengbak. Voeg witwyn en spek by. Meng goed. Voeg knoffel, paprika, cayenne-peper, komyn, origanum en sout by. Meng goed. Geur met swartpeper. Sit ’n 1 cm-tuit sonder ’n patroon aan ’n spuitsak. Ryg soveel derm as wat jy kan op die tuit. Knip derm sowat 5 cm van die tuit af en knoop. Vul sak met maalvleismengsel. Druk mengsel versigtig maar so kompak as moontlik in die derm uit. Draai ná elke 4 cm van gevulde derm die worsie 6 – 8 keer in die rondte om te seël. Herhaal die proses tot die derm opgebruik is. Trek van die tuit af en knoop die punt weer stewig toe. (Jy kan sowat 4 worsies op een slag maak met ’n standaardgrootte tuit.) Moenie die worsies van mekaar losknip tot jy dit gebraai het nie. Herhaal die proses tot al die maalvleis opgebruik is. Verhit olyfolie in ’n pan en braai worsies sowat 3 – 5 minute per kant of tot goudbruin en gaar. Sit voor met mayonnaise van goeie gehalte.

Screen Shot 2017-04-17 at 4.33.23 PM

Spek-en-parmesaan-krokette

genoeg vir 12 – 16

• 45 ml olyfolie
• 250 g spek, fyngekap
• 100 ml botter
• 45 ml koekmeel, plus ekstra om krokette in te rol
• 4 aartappels, gekook en fyngedruk
• 100 g parmesaan-kaas, fyngerasper
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 2 eiers, liggies geklits
• 200 g fyn broodkrummels
• olie vir diepbraai

Verhit olyfolie in middelslag-pot. Voeg spek by en braai tot goudbruin. Skep uit pot. Smelt botter in dieselfde pot. Voeg die 45 ml meel by en roer tot gemeng. Hou aan met roer vir 2 – 3 minute of tot mengsel begin verbruin. Voeg aartappels by en meng goed. Verwyder van hitte en voeg parmesaan en gaar spek by. Meng goed. Geur met sout en swartpeper. Laat afkoel tot hanteerbaar. Skep eetlepels vol van die mengsel en rol in bolletjies. Rol elke bolletjie eers in koekmeel, dan in eier en laastens in broodkrummels. Verhit olie tot warm oor matige hitte. Braai bolletjies in warm olie vir 5 – 6 minute of tot goudbruin en bros. Dreineer en sit warm voor.

Screen Shot 2017-04-17 at 4.33.51 PM

Sjokolade-crema catalana

genoeg vir 6 – 8

• 80 ml water
• 150 g (190 ml) suiker
• 250 ml melk
• 125 ml room
• 4 eiergele
• 2 eiers
• 60 ml kakaopoeier
• 5 ml vanieljegeursel
• 75 g (95 ml) suiker
• 8 sjokolade-macarons
• 125 g karamel-springmielies

Verhit oond tot 160 °C. Bring water en die 150 g suiker in ’n middelslag-pot tot kookpunt. Laat vinnig kook vir 8 – 10 minute tot goue karamel vorm. Spuit ’n broodpan van 10 x 15 cm met kleefwerende kossproei. Gooi warm karamel onderin broodpan en laat staan tot gestol.

Bring melk en room in ’n skoon pot tot kookpunt. Klits eiergele, eiers, kakao, vanieljegeursel en die 75 g suiker saam tot lig en romerig. Voeg warm melkmengsel by terwyl jy roer. Gooi hele mengsel deur ’n sif in die broodpan. Plaas broodpan in oondbak. Vul oondbak halfpad met warm water. Bedek broodpan met foelie en bak vir 50 – 60 minute of tot gestol soos jellie. Haal uit oond en laat afkoel. Sit in yskas tot koud.

Keer versigtig uit op opdienbord. Sit macarons en springmielies bo-op. Sit voor.

Kyk die voorskou hier:

Onthou, Okkasie-inspirasie is Maandae om 18:30 op Via (DStv-kanaal 147).

The post ’n Spaanse okkasie – al die resepte appeared first on SARIE.

Cheers saam met ons op Bierdag!

$
0
0

Sondag 23 April vier die wêreld Duitse Bierdag. En hier aan die einde van ’n besige week is daar mos min dinge so lekker as om agteroor te sit met ’n yskoue bier in die hand. Of jy nou van lager, ale of dunkel hou, elke smaak het sy bier-maat! As jy nie die Stellenbosch Boetiekbierfees (Craft Beer) kan meemaak nie, het ons vir jou ‘n paar ander maniere om dit te vier!

Met soveel Duitse biere om van te kies is dit amper onmoontlik om op een te besluit. Ons leer jou hoe:

k6e8825_edit

 

Indien jy eerder ‘n biertjie in jou kos wil proe as in ‘n glas, probeer Herman se resep vir bier-mosterd – perfek saam met jou Sondag middag-maal!

FOTO  Donna Lewis SARIE KOS JUN/JUL 2012

FOTO Donna Lewis
SARIE KOS JUN/JUL 2012

 

En vir die bittereinders, leer ons jou hoe om jou eie bier te maak.

20150318-_K6E9255-Edit-3

CHEERS!

Bron: www.daysoftheyear.com

The post Cheers saam met ons op Bierdag! appeared first on SARIE.

’n Goud op goud kuier – al die resepte

$
0
0

Wanneer Herman se voordeurklokkie lui weet hy dis tyd om die potte nader te trek en te begin kook. Vanaand se gas op Okkasie-inspirasie is Lazelle Cronje en sy soek ’n Great Gatsby-okkasie.

Hoe gemaak? Maklik, jy doen ’n goud op goud op goud! Van die kos tot die dekor, luuks en oordadig. Perfek vir ’n Great Gatsby-geleentheid.

Lazelle se goud-op-goud-spyskaart

  • Steurgarnale geposjeer in botter met tuisgemaakte mayonnaise en vinkelslaai
  • Lamsboud met kruie, feta en parmesaankaas
  • Grondboontjie-en-karamel-skommel

BO4A0137

BO4A0148

Steurgarnale geposjeer in botter met tuisgemaakte mayonnaise en vinkelslaai

Genoeg vir 6

  • 35 steurgarnale, skoongemaak
  • 1 kg botter
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 1 heel knoffelbol
  • sowat 20 ml olyfolie
  • 4 eiergele
  • 2,5 ml sout
  • 30 ml suurlemoensap
  • 500 ml olyfolie
  • 20 ml fyngekapte pietersielie

Smelt botter in groot pot en hou oor lae hitte. Geur garnale goed met sout en peper, plaas in warm botter. Laat posjeer vir 8-10 minute of tot garnale sag en gaar is. Skep uit en hou eenkant terwyl jy die mayonnaise maak.

Tuisgemaakte mayonnaise:

Stap 1: Verhit oond tot 180 °C. Sny knoffelbol bo-op. Plaas op foelie of bakpapier. Gooi 20 ml olyfolie oor en vou foelie/bakpapier toe. Plaas bedekte knoffelbol op bakplaat. Oondbraai vir sowat 30 minute in warm oond tot knoffel sag is. Stap 2: Plaas eiergele, sout en suurlemoensap in ’n mengbak. Druk sagte knoffel uit huisies en maak seker daar is geen skil by nie. Klits eiergele en knoffel goed saam met ballonklitser. Stap 3: Gooi olie by eiermengsel terwyl jy klits. Wanneer al die olie bygevoeg is, sal die mayonnaise dik wees. Stap 4: Voeg fyngekapte pietersielie by en meng deur. Sit voor met vars groente.

Lamsboud met kruie, feta en parmesaankaas

Genoeg vir 8

  • 100 g gepelde amandels
  • 6 ansjovis-filette
  • handvol harde kruie, fyngekap (roosmaryn, tiemie en origanum)
  • 4 fetakaas-wiele
  • 2 snye witbrood, korsies verwyder
  • 80 ml botter, gesmelt
  • 6 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 groot lamsboud, ontbeen
  • 300 ml rooiwyn
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 300 g groenbone, stingels afgesny

Verhit oond tot 180 °C. Plaas amandels, ansjovis-filette, harde kruie, feta, brood, botter en knoffel in voedselverwerker. Verwerk op hoëspoed tot goed gemeng. Gebruik ’n skerp mes en vlek die lamsboud oop. Geur goed met sout en swartpeper. Skep vulsel op vleis en versprei eweredig. Rol vleis stewig op en bind vas met kombuistou. Gooi wyn in oondroosterpan. Plaas boud in pan. Geur weer goed met sout en swartpeper. Maak toe met foelie en plaas in warm oond. Rooster toe vir 3 uur. Kyk elke uur of daar nog genoeg vloeistof in die pan is, indien nodig voeg wyn by. Verwyder foelie en voeg groenbone by. Rooster oop vir nog 30 minute of tot goudbruin en tot groenbone gaar is. Plaas op opdienbord en versier die been van die boud met stukkie eetbare bladgoud. Sit voor.

Grondboontjie-en-karamel-skommel

Genoeg vir 6

  • 200 g (250 ml) suiker
  • 200 ml water
  • 100 g (108 ml) botter
  • 250 ml room
  • 250 ml gladde grondboontjiebotter plus ekstra vir opdien
  • 1 liter vanieljeroomys plus ekstra vir voorsit
  • 400 ml melk
  • 1 x 70 g-sakkie kaneelgegeurde springmielies
  • 1 x 100 g-sakkie pretzels, in donkersjokolade gedoop

Plaas suiker en water in middelslagpot en verhit oor lae hitte terwyl jy roer. Verhoog hitte sodra suiker opgelos het en bring tot kookpunt. Laat kook 8-10 minute sonder om te roer, totdat goue karamel vorm. Skud pot gereeld heen en weer. Verwyder van hitte en voeg botter en room by. Skud pot liggies totdat alles gemeng is. Laat afkoel.

Verpulp grondboontjiebotter, roomys en melk in voedselverwerker teen ’n hoë spoed tot glad. Skep ’n teelepel ekstra grondboontjiebotter in elk van die 6 glase en smeer teen die kant van glas met agterkant van lepel. Vul derde van glas met melkskommel en skep ’n bietjie karamelsous bo-op. Herhaal lae totdat glas vol is. Plaas ’n skep van die ekstra roomys bo-op met springmielies. Plak pretzels aan kant van glas vas met ’n bietjie grondboontjiebotter. Garneer met eetbare bladgoud. Eet dadelik.

Kyk die voorskou hier:

Onthou, Okkasie-inspirasie is Maandae om 18:30 op Via (DStv-kanaal 147).

The post ’n Goud op goud kuier – al die resepte appeared first on SARIE.


Ongebakte sjokoladekoekies

$
0
0

Maak hierdie koekies in ’n japtrap om jou lus vir ’n soetigheid gou-gou te blus. Kinders is gewoonlik mal hieroor. Bêre in ’n lugdigte houer in die yskas.

genoeg vir 24 blokkies

• 60 ml laevet-margarien
• 125 ml vetvrye melk
• 125 ml suikervrye grondboontjiebotter
• 320 ml suikerplaasvervanger (verkieslik fruktose)
• 5 ml vanieljegeursel
• 125 ml kakaopoeier
• 500 ml hawermoutvlokkies
• 500 ml mediumgrof gerasperde klapper

Voer ’n 1,25 liter-nageregbak uit met kleefplastiek en spuit met kleefwerende kossproei. Smelt die margarien in ’n pot en meng met die melk, grondboontjiebotter, suikerplaasvervanger en vanielje. Voeg kakao by en klits goed tot daar geen klonte meer is nie. Voeg die hawermout en klapper by en meng goed. Skep mengsel in voorbereide bak en plaas in yskas tot gestol. Sny in blokkies en sit voor.

Hierdie resep is oorspronklik in SARIE KOS, April / Mei 2012-uitgawe, geplaas. 

Jy sal ook geniet

Paaskolwyntjies

Spesery-klapper-appeltert

The post Ongebakte sjokoladekoekies appeared first on SARIE.

Die lekkerste sosatie-resepte

Lekker groenboontjie-bredie

$
0
0

4 porsies

• 45 ml olyfolie
• 800 g lamsnek
• 1 ui, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 1 blik (410 g) gekapte tamaties
• 5 ml gemengde droë kruie
• 1 kg bevrore groenbone
• sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
• 250 ml kookwater
• 2 aartappels, geskil en in kwarte gesny

Verhit oond tot 180 °C. Verhit olyfolie in ’n groot oondvaste kastrol. Braai lamsnek tot bruin. Voeg ui en knoffel by. Roer tamaties, kruie en bevrore groenbone by. Geur met sout en swartpeper. Gooi kookwater by en meng goed. Plaas aartappels bo-op. Maak kastrol toe en plaas in die warm oond vir 1 tot 1½ uur, totdat die vleis sag is. Kyk nou en dan dat dit nie droog kook nie. As dit droog lyk, kan jy ’n bietjie water byvoeg.

The post Lekker groenboontjie-bredie appeared first on SARIE.

Soetgoed met net 3 bestanddele elk!

$
0
0

Net ’n handjievol bestanddele en min moeite vir dié lekkernye wat in jou mond sal smelt.

Die meeste van die bestanddele is boonop reeds in jou kas. Kry die maklike resepte hieronder. Daar is 5 om uit te kies!

Sjokolade-patee

Verhit oond tot 180 °C. Kap 300 g sjokolade van goeie gehalte fyn en bring 250 ml room tot kookpunt. Gooi oor sjokolade en roer tot gladde mengsel. Voeg 3 eiergele by en roer tot gemeng. Gooi mengsel in oondvaste bakkies van jou keuse. Plaas in oond en sit dadelik af. Los in oond vir 15 minute. Haal uit oond en laat by kamertemperatuur afkoel tot gestol. Sit voor met vars bessies.

Panna cotta van jogurt & karringmelk

Meng 20 ml poeiergelatien met 60 ml water en laat staan vir 5 minute. Plaas 500 ml perskejogurt en 250 ml karringmelk in middelslag-pot en bring tot kookpunt terwyl jy heeltyd roer tot dit ’n gladde mengsel vorm. Verwyder van hitte en roer geweekte gelatien by. Gooi mengsel in vorm met volume van 800 ml. Laat stol in yskas vir 4 – 6 uur. Doop vorm vinnig in kookwater en keer uit op opdienbord. Sit voor met vars vrugte.

Sjokoladekoek

Verhit oond tot 180 °C. Smelt 450 g donkersjokolade en 115 g (125 ml) botter saam oor ’n pot met kookwater. Roer tot gladde mengsel. Skei 5 eiers en roer eiergele by mengsel. Meng goed. Klits eierwitte tot sagte punte vorm en vou by sjokolademengsel in. Gooi mengsel in 12 x 22 cm-broodpan wat goed met kleefwerende kossproei gespuit is. Bak vir 20 – 25 minute of tot toetspen skoon uitkom. Laat in pan afkoel en keer uit. Sit voor met crème fraîche en vars bessies.

Suikervrye skons

Verhit oond tot 180 °C. Sif 280 g (500 ml) bruismeel in groot mengbak. Sny 200 g botter in klein blokkies en voeg by meel. Vryf met vingerpunte in die meel tot mengsel soos growwe sand lyk. Voeg 170 ml volroommelk by en meng tot mengsel bymekaarkom. Keer uit op meelbestrooide oppervlak en druk plat tot sowat 2 cm dik. Druk sirkels uit met 5 cm-koekiedrukker. Plaas op bakplaat wat goed met kleefwerende kossproei gespuit is. Bak vir 20 – 25 minute of tot goudbruin. Sit louwarm voor met styfgeklopte room en konfyt.

Grondboontjiekoekies

Verhit oond tot 180 °C. Meng 250 ml growwe grondboontjiebotter met 200 g (250 ml) witsuiker. Voeg 1 eier by en meng goed. Voer bakplaat met bakpapier uit en spuit goed met kleefwerende kossproei. Verdeel deeg in 6 porsies en rol elk in ’n ronde bal tussen jou hande. Druk effens plat met vurk. Bak vir 15 – 20 minute of tot goudbruin. Sit voor.

Lees nou

Beste kaaskoek nog? 8 miljoen mense sê ja! (en dis net 3 bestanddele)

Skons met net 3 bestanddele

Die heel maklikste sjokolade-mousse – met net 3 bestanddele

The post Soetgoed met net 3 bestanddele elk! appeared first on SARIE.

Hoenderpastei met tiemie-blaardeeg

$
0
0

Deel van die lekker van hoenderpastei is die kors. Maak dit self en jy sal nie weer winkeldeeg gebruik nie.

genoeg vir 6 -8

45 ml olyfolie
4 knoffelhuisies, fyngekap
2 uie, grofgekap
2 suurlemoene, gehalveer
2 heel hoenders
500 ml groenteaftreksel
45 ml botter
250 g wit sampioene
250 ml room
sout en varsgemaalde swartpeper
1 x tiemie-blaardeeg-resep (sien onder)
1 eier

Verhit oond tot 200 °C. Verhit olie in oondvaste pot. Voeg knoffel en uie by en braai tot bruin. Druk halwe suurlemoene in hoenders en braai in warm pot tot bruin. Gooi aftreksel by. Maak pot toe en bak in oond vir 2 uur of tot die vleis van die been loskom. Vlok vleis van bene af en gooi pansappe by. Hou eenkant. Verhit botter in ’n braaipan en braai sampioene tot bruin. Voeg by hoender en meng deur. Gooi room oor en laat prut op lae hitte tot mengsel dik en romerig is. Geur goed met sout en peper. Gooi in ’n oondvaste bak van 30 cm. (Jy kan ook individuele bakkies gebruik.) Rol blaardeeg uit en sny sowat 2 cm groter as bak se rand. Plaas op hoender. Sny woorde of vorms uit orige deeg en sit bo-op. Verf met eier en bak vir 25 – 30 minute of tot goudbruin. Sit warm voor met bruinsous van jou keuse.

Maak die blaardeeg so:


1. Plaas botter, meel en tiemie in groot mengbak. Vryf met vingerpunte tot die tekstuur van growwe brood. Voeg sodawater geleidelik by terwyl jy meng met slaplemmes – vorm deegbal, maar moenie oorwerk nie.


2. Sprinkel koekmeel op werkvlak en rol deeg uit tot sowat 5 mm dik. Jy sal botterklonte sien, dis reg so.


3. Vou eers die voorste punt van die deeg en dan die agterste punt na die middel. Vou twee helftes oor mekaar. Sprinkel nog meel op werkvlak en rol deeg nog een keer uit. Herhaal vouproses en laat rus in yskas vir 20 minute.


4. Rol en vou deeg nog twee maal en laat rus in yskas terwyl jy vulsel maak. Jy kan die deeg tot 4 dae in die yskas hou.

Lees ook

Hoenderpastei-baklava

Hoenderpastei met Barbara en Victor Matfield

Hoenderpastei op ‘n nuwe manier

The post Hoenderpastei met tiemie-blaardeeg appeared first on SARIE.

Deelborde vir Moedersdag

$
0
0

Die nuutste manier om daardie spesiale mens in jou lewe te bederf: Jy pak alles op ’n houtplank en julle eet so saam-saam. Hier is die perfekte deelbord vir ontbyt! 

Soggens moet jy goed eet om jou aptyt die res van die dag in toom te hou. Lekkerder as hierdie maklike Franse roosterbrood en croissants vol sjokolade kry jy nie!

FOTO Micky Hoyle

FOTO Micky Hoyle

Esdoringstroopspek

· 125g Strepiespek
· 45ml Esdoringstroop (maple syrup)

Verhit oond tot 180 °C. Voer ’n bakplaat uit met foelie. Rangskik spek op bakplaat en verf stroop oor. Oondbraai tot bros.
Hou warm eenkant.

Franse roosterbrood van engelse muffins

· 5 eiers
· 15 ml melk
· sout
· 3 Engelse muffins, gehalveer
· 75 g (80 ml) botter

Klits eiers en melk saam en geur met sout. Plaas 3 halwe muffins op ’n slag in eiers. Laat week sowat 5 minute. Smelt ’n derde van die botter in ’n pan oor lae hitte. Plaas die 3 halwe muffins in warm pan en laat res in eiers week terwyl jy die muffins braai tot gaar. Draai muffins halfpad om en braai tot gaar. Hou warm eenkant en smelt nog ’n derde van botter in pan. Braai res van muffins. Hou geklitste eier eenkant vir croissants.

Sjokolade-gevulde croissants

· 2 croissants
· 60 ml sjokoladesmeer (Nutella)
· versiersuiker

Sny croissants oop, maar nie dwarsdeur nie. Vul met sjokoladesmeer en maak toe. Plaas in geklitse eiers en laat week 5 minute. Smelt laaste derde van botter in dieselfde pan waarin jy die muffins gebraai het. Braai croissants sowat 3 minute. Draai om en braai tot gaar. Haal uit pan en sif bietjie versiersuiker oor. Sit voor met vrugte en esdoringstroop.

Sit voor saam met

· 100 g vars frambose
· 100 g aarbeie
· 100 g bloubessies
· esdoringstroop

The post Deelborde vir Moedersdag appeared first on SARIE.

Maak bredie in net 45 minute

$
0
0

Die herfs is op ons voorstoep en as die koue kom inloer, is dit tyd vir bredie! Maar ons weet krag en tyd is duur en bredies vra al twee. Vat kortpad en maak bredie in jou drukkoker. Dis geurig en binne net 45 minute gaar.

FOTO Michael le Grange

FOTO Michael le Grange

KWEPER-LAMSBREDIE

Wat is winter sonder kwepers op die tafel? Maak jy dit gaar saam met die lam, is dit murgsag geskenkies wat vir jou wag met elke hap.

genoeg vir 4

• 45 ml olyfolie
• 1,5 kg kort lamskenkels (knuckles)
• 2 uie, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, gekap
• 2 stingels seldery, fyngekap
• 2 wortels, in ringe gesny
• 2 kaneelstokke
• ’n knippie saffraan
• 3 lourierblare
• 80 g tamatiepasta
• 2 kwepers, ontklok en in kwarte gesny
• 250 ml witwyn
• 500 ml beesaftreksel
• sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit olyfolie tot warm in drukkoker (stoompot). Verbruin lamskenkels sowat 2 – 3 minute in olie. Haal uit pot en hou eenkant. Gebruik dieselfde pot en voeg ui, knoffel, seldery, wortels en kaneel by. Roerbraai vir 2 – 3 minute. Voeg saffraan, lourierblare en tamatiepasta by. Roerbraai nog 2 minute. Voeg res van bestanddele en gebraaide vleis by. Geur met sout en peper, en roer deur. Maak drukkoker toe en laat stoom vir 45 minute. Laat stoom versigtig ontsnap uit pot en sit voor met bykos van jou keuse.

 Wenke vir jou stoompot

1. Moenie die stoompot se aangeduide merk vir vloeistof oorskry nie.

2. Onthou om altyd eers die stoom uit te laat voor jy die pot se deksel oopmaak.

3. Dis belangrik om by die regte stoomtyd te hou. As die vloeistof wegkook, sal die inhoud van die pot brand sonder dat jy besef.

4. Die kos smaak en lyk beter as jy die vleis eers verbruin voor jy dit stoom. Hanteer ’n stoompot soos ’n gewone pot: Braai eers alles mooi bruin voordat jy dit toemaak en begin stoom.

5. Die kosgeure is meer intens omdat dit onder druk gaar raak. Hou dit in gedagte wanneer jy speserye gebruik en moenie te veel byvoeg nie – hou by die resep.

The post Maak bredie in net 45 minute appeared first on SARIE.


Mari-Louis Guy se skons

$
0
0

Wat is ’n Engelse tee sonder skons? En wat is skons sonder room en konfyt? Bak skons vir jou high tea of bedien dit Sondagoggend vir ontbyt. Mari-Louis Guy maak vir dié resep sommer self konfyt in ’n kits.

maak 12 – 15 skons

280 g (500 ml) koekmeel
10 ml bakpoeier
2,5 ml sout
125 g (135 ml) koue botter, in blokkies gesny
1 eiergeel
125 ml melk
Growwe baksuiker (opsioneel)

Vir die room

250 ml vars room
30 ml versiersuiker
5 ml vanieljegeursel

Vir die vinnige kersiekonfyt

225 g (250 ml) bevrore kersies
100 g (125 ml) suiker
60 ml water

Meng die kersies, suiker en water in ’n kastrol oor matige hitte en laat prut tot dik en stroperig (sowat 15 minute). Laat afkoel.

Voorverhit die oond tot 200 °C. Gebruik ’n silikoonbakmat of spuit ’n bakplaat met kleefwerende kossproei.

Plaas die meel, bakpoeier, sout en botter in ’n voedselverwerker en pols saam. Meng die eiergeel met 60 ml melk. Gooi in die verwerker en pols tot die deeg bymekaar kom, voeg nog melk by indien nodig.

Keer uit op ’n werkoppervlak wat liggies met meel bestuif is. Vou die deeg met jou hande saam en vorm ’n ruwe sirkelskyf. Rol die deeg ongeveer 1 cm dik uit en druk klein 5 cm-sirkels uit met ’n koekiedrukker. Rangskik die skons op die bakmat of bakplaat. Smeer die bokante met die oorblywende melk en sprinkel growwe suiker oor, indien gebruik.

Bak vir 8 10 minute of tot die skons goed uitgerys is en die bokante goudbruin is. Laat heeltemal afkoel.

Gebruik die mengbak en die klitshegstuk van ’n elektriese menger en klits die room en versiersuiker tot stywe punte vorm. Voeg die vanieljegeursel by en klits deur.

Sny die skons middeldeur, smeer met kersiekonfyt en versier met room. Die room kan ook gegeur word deur die kersiestroop deur te roer.

Bron: Mari-Louis Guy

Besoek hulle webtuiste, Facebook-, Twitter– of Pinterest-blad.

The post Mari-Louis Guy se skons appeared first on SARIE.

Kaas-en-basilie-soufflé

$
0
0

Soufflé is een van die mees klassieke Franse geregte. Dit is regtig nie baie moeilik om te maak nie: Jy maak ’n witsous, voeg jou kaas of wat ook al by, en dan klop jy die eierwitte styf en vou dit in.

• 250 ml melk
• 20 ml botter
• 30 ml meel
• 3 eiergele
• 100 g gruyère-kaas, fyngerasper
• 5 vars basilieblare, fyngekap
• sout en peper
• 5 eierwitte
• 30 ml fyn parmesaankaas

Verhit oond tot 200 °C. Verhit melk effens. Smelt botter in ’n diep kastrol en voeg meel by. Roer die mengsel tot dit ’n pasta vorm. Voeg verhitte melk bietjie vir bietjie by en roer goed. Haal kastrol van hitte af. Laat effens afkoel. Voeg eiergele een vir een by en klits goed ná elke byvoeging. Plaas terug op die stoofplaat en hou aan met roer tot mengsel verdik het. Haal af van hitte en voeg gruyère-kaas en basiliekruid by. Geur met sout en peper.

Wenk: Jy kan in dié stadium die mengsel laat staan en dan kan jy die geklitste eierwitte invou net voor jy dit wil bak.

Klits eierwitte styf en vou versigtig by kaasmengsel in. Skep in klein koppies of ramekin-bakkies, maar maak dit net ¾ vol. Sprinkel fyn parmesaankaas bo-op. Trek met ’n mes ’n sirkel teen die rand van bakkie of koppie om te verseker dat die soufflé mooi rys. Plaas op bakplaat en sit in oond. Stel nou onmiddellik die temperatuur af na 180 °C en bak vir 20 minute. Haal uit en sit dadelik voor.

The post Kaas-en-basilie-soufflé appeared first on SARIE.

Maak jou eie Sweetie Pies

$
0
0

’n Sweetie Pie is ’n geliefde lekkerny wat dikwels onweerstaanbaar op die kafee se rak wag. Maar jy kan dit sommer self by die huis maak. Sit dit in ’n mooi boksie en gee dit as ’n Moedersdaggeskenk!

genoeg vir 12 lekkers

• 200 g donkersjokolade, gesmelt
• 8 gelatien-velle (kyk by jou supermark se gebak-afdeling)
• 200 ml koue water
• 400 g (480 ml) strooisuiker
• 100 ml warm water
• 2 ml sout
• 30 ml haselneut-likeur, of 10 ml vanieljegeursel
• 10 g haselneute, gekap
• 10 ml pienk koskleursel
• 12 karamelgeur Marie-koekies

Verf die holtes van 12 klein ronde silikoon-vormpies met gesmelte sjokolade en laat stol in vrieskas. Hou so aan tot jy elke vorm met 5 lae sjokolade bedek het.

Week gelatien in 200 ml koue water tot sag. Plaas bakkie met water en sagte gelatien in mikrogolfoond en verhit tot gesmelt. Plaas gesmelte gelatien in ’n elektriese menger. Gooi strooisuiker en 100 ml warm water in ’n kastrol. Verhit oor lae hitte en roer tot suiker opgelos is. Kook suikerstroop tot sowat 120 ˚C op ’n suikertermometer. (As jy nie een het nie: Dis gewoonlik reg sodra die buiterand van die suikerstroop van kleur verander.) Sit menger aan en gooi warm stroop in ’n dun straaltjie by. Voeg sout en likeur of geursel by. Klits vir 12 – 15 minute teen hoë spoed of tot die mengsel blink en stywe punte vorm. Voeg gekapte neute en kleursel by.

Verdeel mengsel tussen sjokolade-holtes en plaas ’n Marie-koekie bo-op elkeen. Smeer res van sjokolade bo-oor om koekie te bedek. Laat stol in yskas vir 20 – 30 minute. Keer versigtig uit. Sit voor, of draai in bakpapier toe en gee dit as geskenke.

The post Maak jou eie Sweetie Pies appeared first on SARIE.

6 soet tertjies in ’n kits

$
0
0

Hier’s ses soet tertjies vir ’n behoorlike high tea. Koop klaargemaakte tertdoppies by jou bakkery – dan is die meeste van die werk gedoen!

Sjokolade-tertjies

Bring 250 ml room tot kookpunt en gooi oor 100 g gekapte donkersjokolade. Roer tot gladde mengsel. Vul 12 klein tertdoppies met die mengsel. Breek 100 g sjokolademoutballe fyn en sprinkel oor.

Piesang-en-karamel-tertjies

Roer 1 x 365 g-blik karamel-kondensmelk tot glad. Skep in spuitsak met 1 cm-sterpunt. Vul 12 klein tertdoppies met karamel. Sny 2 piesangs in dun skywe en pak bo-op. Sprinkel 100 g gesmelte donkersjokolade oor en rond af met witsjokolade-bal.

Suurlemoen-meringue

Vul 12 klein tertdoppies met 500 g-fles suurlemoensmeer (lemon curd). Klits 3 eierwitte met elektriese klitser tot sagte punte vorm. Voeg 100 g (125 ml) strooisuiker geleidelik by terwyl menger loop. Hou aan klits tot blink en styf. Skep in spuitsak met ronde 1 cm-punt. Spuit rosette bo-op suurlemoensmeer. Brand bruin met kombuisvlam.

Toffie-appel-tertjies

Bring 200 g (250 ml) suiker en 30 ml water tot kookpunt in middelslagpot. Laat kook tot goue karamel vorm. Dreineer 1 x 365 g-blik baba-appels met stingels. Doop vinnig in warm karamel en laat stol op kleefvrye bakplaat. Roer 1 x 365 g-blik karamel-kondensmelk tot glad. Skep in spuitsak met 1 cm-sterpunt en vul 12 klein tertdoppies met karamel. Plaas ’n toffie-appel bo-op elk.

Vla-tertjies

Meng 45 ml mielieblom en ’n bietjie water tot gladde pasta. Verhit nou 500 ml winkelvla oor matige hitte tot net onder kookpunt. Voeg mielieblompasta by terwyl jy vla roer. Hou aan roer oor lae hitte tot vla dik en glad is – sowat 5 – 8 minute. Vul 12 klein tertdoppies met warm vla. Laat stol en versier elk met halwe aarbei.

Witsjokolade-tertjies

Bring 250 ml room tot kookpunt en gooi oor 100 g fyngekapte witsjokolade. Vul 12 klein tertdoppies met sjokolade. Laat stol in yskas vir 1 uur. Versier met 125 g vars frambose.

The post 6 soet tertjies in ’n kits appeared first on SARIE.

4 heerlike quiches vir die souttand

Viewing all 270 articles
Browse latest View live