Quantcast
Channel: Resepte – SARIE
Viewing all 270 articles
Browse latest View live

Smullekker pannekoek vir Winter

$
0
0

Vir my kom niks by pannekoek met kaneel-en-suiker nie. 

lewer sowat 10 pannekoeke

• 240 g (430 ml) koekmeel
• 10 ml bakpoeier
• 2 ml sout
• 2 eiers
• 250 ml melk
• 250 ml water
• 12,5 ml suurlemoensap
• 25 ml sonneblomolie en nog om pannekoeke in te braai

Sif droë bestanddele saam in ‘n mengbak. Klits eiers tot lig en voeg melk, water, suurlemoensap en olie by. Meng goed. Maak ‘n holte in die middel van droë bestanddele en voeg die vloeistof by. Meng en klits goed tot daar geen klonte is nie. Maak die bak met ‘n lap toe en laat staan vir sowat 30 minute. Verhit sonneblomolie in ‘n kleefvrye pan. Gooi van die olie af en vee die pan uit met kombuispapier. Skep met ‘n groot lepel van die beslag in pan en wikkel die pan rond sodat die beslag die pan se bodem bedek. Sodra borreltjies bo-op die pannekoek vorm, kan jy die pannekoek omdraai. Plaas ‘n groot bord op ‘n kastrol met kookwater om die pannekoeke warm te hou. Sit die gebraaide pannekoek op die bord en besprinkel met kaneelsuiker. Sit ‘n deksel bo-op die pannekoek en braai die res van die beslag. Rol pannekoek op soos jy dit voorsit.

Kaneelsuiker

• 200 g (250 ml) suiker
• 15 ml fyn kaneel

Meng goed.

 

FOTO Micky Hoyle

The post Smullekker pannekoek vir Winter appeared first on SARIE.


Sjokolade-plaatkoekies

$
0
0

Vandag is Moedersdag – bederf vandag jou ma met hierdie heerlike sjokolade-plaatkoekies! 

• 250 ml melk
• 2 eiers
• 245 g (440 ml) koekmeel
• 20 ml bakpoeier
• 100 g donkersjokolade, grofgekap
• 100 g witsjokolade, grofgekap
• 45 ml sonneblomolie
• 250 ml crème fraîche
• 100 ml heuning
• hand vol klein malvalekkers
• ekstra donkersjokolade, gekap

Meng eiers en melk in ‘n middelslag-mengbak. Voeg meel, bakpoeier en gekapte sjokolade by. Meng goed tot gladde beslag.Verhit ‘n klein bietjie olie in ‘n pan tot matig warm. Skep lepels vol van die beslag in die pan. Laat stadig braai tot lugborrels op die oppervlak van elke koekie bars. Draai om en braai verder tot goudbruin en gaar. Sit warm voor met heuning, lepels vol crème fraîche, gekapte sjokolade en malvalekkers.

Sjokolade-plaatkoekies

Sjokolade-plaatkoekies
FOTO Micky Hoyle en Donna Lewis

Wenk
Moenie die pan te warm maak as jy die koekies braai nie, want dit gaan brand voor dit in die middel gaar is.

The post Sjokolade-plaatkoekies appeared first on SARIE.

Ou-gunsteling: Hertzoggies

$
0
0

Dit bly ’n ou-gunsteling!

(sowat 16 blokkies)

Kors
• 250 g (445 ml) koekmeel
• 10 ml bakpoeier
• knippie sout
• 125 g (135 ml) botter
• 25 g (30 ml) strooisuiker
• 3 eiergele 15 ml water

Bolaag
1 blik 450 g All Gold Super Fine Apricot Jam oF All Gold Strawberry Jam
• 3 eierwitte
• 250 g (315 ml) suiker
• 200 g (625 ml) fyn klapper

Verhit jou oond tot 160 ºC. Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam. Vryf die botter in die meelmengsel tot dit soos broodkrummels lyk. Voeg die strooisuiker by en meng deur. Klits die eiergele en water saam. Voeg dit by die meelmengsel en maak aan tot ‘n deeg. Smeer ‘n bakplaat van sowat 30 x 23 cm goed met botter. Druk die deeg met jou hande in die bakplaat. Smeer die konfyt van jou keuse op die deeg. Klits die eierwitte styf. Voeg die suiker lepel vir lepel by tot jy ‘n stywe meringue het. Roer die klapper deur en sprei die meringue eweredig oor die konfyt. Bak vir 35 – 40 minute. Haal uit en sny in blokkies. Laat afkoel in die bakplaat voor jy die blokkies uithaal.

The post Ou-gunsteling: Hertzoggies appeared first on SARIE.

Peermalvapoeding

$
0
0

Malvapoeding is sekerlik een van ons gewildste poedings. Voeg geblikte pere by en verander dit in ’n heeltemal nuwe lekkerny.

genoeg vir 4 – 6

• 13 g (15 ml) botter
• 100 g (125 ml) suiker
• 1 eier, geklits
• 140 g (250 ml) koekmeel
• knippie sout
• 5 ml koeksoda
• 95 ml melk
• 15 ml fyn appelkooskonfyt
• 15 ml bruin asyn
• 2 blikke (240 g elk) baba-pere, gedreineer

Verhit oond tot 180 °C. Room botter en suiker saam in ’n elektriese menger se mengbak. Die botter lyk dalk min, maar dit werk goed. Voeg eier by en klits goed tot sag en romerig. Sif meel en sout saam en voeg by bottermengsel. Klits goed tot glad. Meng koeksoda met melk en voeg by meelmengsel saam met die konfyt en asyn. Meng goed. Skep in langwerpige pan van sowat 30 x 10 cm wat met kleefwerende kossproei gespuit is. Rangskik die pere in die deeg en plaas in oond. Bak sowat 40 minute. Toets met ’n dun pennetjie om seker te maak die poeding is gaar – die pennetjie moet skoon uitkom. Maak intussen die sous.

Sous

• 175 ml ingedampte melk
• 125 ml warm water
• 200 g (250 ml) suiker
• 13 g (15 ml) botter
• 2 ml vanieljegeursel

Gooi ingedampte melk, warm water en suiker in ’n kastrol. Bring tot kookpunt terwyl jy roer. Die suiker moet gesmelt wees voor die mengsel kook. Voeg botter en geursel by. Wanneer botter gesmelt is, gooi warm sous oor poeding. Sit voor met vanieljeroomys.

FOTO Micky Hoyle

 

The post Peermalvapoeding appeared first on SARIE.

Sjokoladesplinter-ystervarkies

$
0
0

Ystervarkies is ’n heerlike bederf. Maar nou is dit nóg meer dekadent!

(18 porsies)

– 200 g donkersjokolade, grofgekap

– 1 x basisresep (ongebak)

– 700 g fyn klapper

Vir die stroop

– 60 ml kakaopoeier

– 375 ml water

– 600 g suiker

– 15 ml botter

– 5 ml vanieljegeursel

Verhit oond tot 180 grade. Vou gekapte sjokoladesplinters by basisresep in. Voer twee vierkantige panne van 25 x 25 cm uit met bakpapier en spuit met kleefwerende kossproei. Verdeel beslag tussen panne en bak vir 15 – 20 minute of tot goudbruin en gaar. Laat afkoel en keer uit. Bring intussen al die bestanddele vir die stroop tot kookpunt in ’n middelslagpot. Gebruik ’n skerp mes en sny die kante van
die koek netjies af. Verdeel elke koek in nege blokkies. Doop vinnig in sjokoladestroop en rol dan in klapper. Sit voor.

The post Sjokoladesplinter-ystervarkies appeared first on SARIE.

Bruinbredie met lam, uie en aartappels

$
0
0

’n Behoorlike bruinbredie bestaan net uit vleis en aartappels.Omdat jy lamsteaks gebruik, is die bredie nie so vetterig nie. Dis ook maklik, want alles gebeur in die oond.

genoeg vir 4

• sowat 60 ml olyfolie
• 950 g lamsteaks
• 2 uie, in wiggies gesny
• sap van 1 suurlemoen
• 2 lourierblare
• 2 takkies vars tiemie
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 8 klein Mediterreense aartappels, geskil

Verhit oond tot 180 °C. Gooi helfte van olyfolie in ’n oondbraaibak. Pak steaks in bak. Pak uie in bak en gooi suurlemoensap oor. Plaas lourierblare en tiemietakkies bo-op. Gooi res van olyfolie oor. Geur met sout en peper. Maak bak toe met tinfoelie en oondbraai sowat 1 uur in warm oond. Haal uit en verwyder tinfoelie. Pak aartappels om die vleis en oondbraai nog sowat 1 uur tot aartappels gaar is. As dit te droog raak, kan jy ’n klein bietjie water of witwyn byvoeg. Sit voor met ’n takkie vars lourierblare bo-op.

The post Bruinbredie met lam, uie en aartappels appeared first on SARIE.

Kaas-en-spekvetkoekstokkies

$
0
0

Die inspirasie hiervoor was broodstokkies wat jy saam met sop eet. Ek het vetkoek só gebraai en dis heerlik!

genoeg vir 8

• 660 ml louwarm water
• 1 x 10 g-sakkie kitsgis
• 10 g sout
• 20 ml heuning
• 30 ml olyfolie
• 150 g cheddarkaas, fyngerasper
• 250 g spek, baie fyn gekap
• 1 kg (1 785 ml) koekmeel
• sonneblomolie vir diepbraai

Plaas water, gis, sout, heuning en olyfolie in elektriese menger se mengbak. Voeg kaas en spek by. Gooi ²/3 van meel by en meng met deeghaak by matige spoed. Gooi laaste ¹/3 van meel geleidelik by en meng tot ’n stywe, kniebare deeg vorm. Verhoog mengerspoed en knie 8 – 10 minute met deeghaak of tot ’n elastiese, gladde mengsel vorm. Plaas deeg in groot bak wat met sonneblomolie gesmeer is. Bedek met kleefplastiek en laat rys 30 – 40 minute op warm plek of tot dubbel in volume. Knie af. Herhaal proses drie keer. Keer deeg uit op meelbestrooide werkvlak en sny in stukke van 80 g – dis belangrik om die deeg te weeg sodat al die vetkoeke ewe groot is. Rol elke deegstuk in lang broodstokkie. Verhit olie in pot wat groot genoeg is sodat broodstokkies regop daarin kan pas. Olie moet medium-warm wees – as dit te warm is, sal die stokkies brand voor dit deurgaar is. Braai 8 – 10 minute of tot goudbruin en bros. Dreineer op kombuispapier en sit louwarm voor.

The post Kaas-en-spekvetkoekstokkies appeared first on SARIE.

Ciabatta-vetkoek

$
0
0

Vorm jou vetkoek soos die tipies Italiaanse pantoffelbroodjie en gee dit ekstra geur met komyn.

genoeg vir 8

• 10 g kitsgis
• 10 g sout
• 300 ml louwarm water
• 45 ml heuning
• 5 ml heel komynsaad
• 500 g (890 ml) koekmeel
• ekstra koekmeel vir uitrol
• olie vir diepbraai
• kerriemaalvleis van jou keuse

Plaas gis, sout, water, heuning en komyn in middelslag-mengbak. Roer met draadklitser tot gemeng. Voeg meel geleidelik by en meng verder tot stywe, kniebare deeg vorm. Keer uit op skoon werkvlak en knie tot gladde, ferm deeg. Sit in skoon bak wat met olie gesmeer is. Laat rys op warm plek tot dubbel die volume. Keer uit op meelbestrooide werkvlak en druk deeg plat tot sowat 1,5 cm dik. Sny reghoekige stukke deeg van sowat 10 x 4 cm met skerp mes uit. Plaas op houtplank wat met nog meel besprinkel is en laat rys op warm plek tot dubbel die volume, sowat 20 minute. Terwyl deeg rys, verhit olie tot medium-warm – as dit te warm is, sal die vetkoek brand voor dit deurgaar is. Diepbraai uitgerysde stukke deeg 8 –10 minute of tot goudbruin en bros. Dreineer op kombuispapier. Sit voor met kerriemaalvleis of net met botter en konfyt.

The post Ciabatta-vetkoek appeared first on SARIE.


Slapdeegvetkoek

$
0
0

’n Maklike resep van my ma. Sy het dit dikwels vir ons gemaak en voorgesit met lekker cheddar en heuning.

genoeg vir 12

• 200 g (360 ml) koekmeel
• 15 ml bakpoeier
• 20 ml suiker
• 5 ml sout
• 2 eiers
• 125 ml melk
• sonneblomolie vir diepbraai

Plaas al die bestanddele behalwe die olie vir diepbraai in ’n mengbak. Meng saam tot slap deeg vorm. Verhit olie tot medium-warm – as dit te warm is, sal die vetkoek brand voor dit deurgaar is. Doop twee eetlepels in warm olie en skep dan bietjie deeg uit met een lepel. Krap deeg met tweede lepel in warm olie in. Hou aan tot al die deeg op is. Diepbraai 8 –10 minute of tot goudbruin en bros. Dreineer op kombuispapier. Sit die vetkoekies warm voor met kaas en heuning.

The post Slapdeegvetkoek appeared first on SARIE.

Doughnutvetkoek

$
0
0

Ek is mal oor soet doughnuts, maar maak ’n slag iets souts daarvan. Dit lyk boonop indrukwekkend.

genoeg vir 6

• koekmeel vir uitrol
• 500 g-sakkie winkeldeeg
• sonneblomolie vir diepbraai
• 100 ml appelkooskonfyt
• 200 g cheddarkaas, gerasper

Sprinkel bietjie koekmeel op werkvlak en druk deeg plat met vingerpunte tot sowat 1,5 cm dik. Sny 6 sirkels uit met ronde koekiedrukker van 10 cm. Gebruik kleiner ronde drukker van 2 cm en sny gaatjie in elke groot sirkel. Plaas deegsirkels op houtplank wat met nog meel besprinkel is en laat rys op warm plek tot dubbel in volume, sowat 20 minute. Terwyl deeg rys, verhit olie tot medium-warm – as dit te warm is, sal die vetkoek brand voor dit deurgaar is. Diepbraai gerysde deegsirkels 8 – 10 minute of tot goudbruin en bros. Dreineer op kombuispapier. Sny middeldeur en smeer konfyt op een helfte. Sprinkel kaas oor en plaas ander helfte van vetkoek bo-op. Sit voor.

The post Doughnutvetkoek appeared first on SARIE.

Vetkoek op 4 ander maniere

Koeksister-crème brûlée

$
0
0

Die soet smaak van koeksisters word in die roombasis van die nagereg ingekook. Die beste van twee wenners!

genoeg vir 6

• 370 ml room
• 1 vanieljepeul, oopgesny en saadjies uitgekrap
• 6 groot koeksisters, grofgesny
• 4 eiergele
• 90 g (110 ml) suiker
• ekstra suiker vir bolaag

Bring room en vanieljepeul en -saadjies tot kookpunt. Gooi oor gekapte koeksisters en laat afkoel tot koud. Laat oornag in yskas. Gooi mengsel deur ’n sif en druk al die room wat die koeksisters opgesuig het met ’n lepel uit. Gooi koeksisterstukke weg. Hou gegeurde room eenkant. Verhit oond tot 140 °C. Klits eiergele en suiker saam in ’n middelslagmengbak. Voeg gegeurde room by eiermengsel terwyl jy stadig klits. Plaas 6 oondvaste koppies (volume van 250 ml elk) in ’n oondpan. Gooi eiermengsel deur ’n sif in koppies. Vul oondpan met warm water tot halfpad so diep soos koppies. Plaas in warm oond en bak sowat 45 – 60 minute of tot dit die tekstuur van jellie het as jy liggies teen koppies stamp. Plaas in yskas om verder te stol tot yskoud. Strooi dun lagie strooisuiker oor koue crème brûlée. Brand suiker met ’n blaasvlam tot donker karamel vorm. As jy nie ’n blaasvlam het nie, kan jy dit onder die oond se rooster-element sit. Sit voor

The post Koeksister-crème brûlée appeared first on SARIE.

Karringmelk-hoenderstukke

$
0
0

Bros buitelaag en warm hoender binne.

Genoeg vir 4

  • 12 ontbeende hoenderdye
  • 45 ml gerookte paprika
  • 250 ml karringmelk
  • 4 knoffelhuisies, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 200 g droë broodkrummels
  • 70 g (125 ml) koekmeel
  • 2 eiers, geklits
  • sonneblomolie vir diepbraai
  • mayonnaise vir voorsit

Plaas hoender in groot bak. Meng paprika, karringmelk en knoffel. Gooi oor hoenderstukke en maak seker dis reg rondom bedek. Geur goed met sout en peper. Haal hoender uit mengsel en krap meeste van karringmelk af. Plaas broodkrummels en koekmeel in groot plastieksak. Doop hoenderstukke in geklitste eier en gooi in sak met krummels. Skud sak rond tot al die stukke goed bedek is met die mengsel. Verhit olie vir diepbraai tot mediumwarm in groot pot. Braai hoenderstukke 10 – 12 minute of tot hoender goudbruin en bros is. Dreineer en sit voor met die mayonnaise.

The post Karringmelk-hoenderstukke appeared first on SARIE.

Eiers gebak in chorizo en ertjies

$
0
0

Die chorizowors met sy sterk paprikageur werk lekker saam met die soet smaak van die ertjies.

genoeg vir twee

• sowat 40 ml olyfolie
• 1 ui, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 2 groot tamaties, in blokke gesny
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 250 ml groente-aftreksel
• 500 ml klein bevrore ertjies (petit pois)
• 225 g chorizowors, in skywe gesny
• 2 eiers

Verhit oond tot 180 °C. Verhit olie in ’n groot pan en braai ui en knoffel tot sag en deurskynend. Voeg tamaties by en geur met sout en peper. Braai tot tamaties sag is. Voeg aftreksel en ertjies by en braai sowat 1 minuut. Verdeel ertjiemengsel tussen twee pannetjies van sowat 15 cm in deursnee. Rangskik chorizo bo-op en maak holte in middel van elke pan. Breek ’n eier in elke holte en plaas in oond. Oondbak sowat 15 minute tot eiers gaar is. Sit warm voor.

The post Eiers gebak in chorizo en ertjies appeared first on SARIE.

Prego-broodrolletjies

$
0
0

’n Lekker maaltyd terwyl jy rugby op TV kyk. Die steakrolletjies word met ’n geurige tamatiesous geëet. Jy kan die tamatie-peri-peri-sous ook saam met hoender eet.

Tamatie-peri-peri-sous

genoeg vir 600 ml

• 6 groot ryp tamaties, in blokke gesny
• 1 ui, in blokke gesny
• 3 knoffelhuisies
• 250 ml olyfolie
• 250 ml rooiwyn
• 5 ml paprika
• 15 ml brandrissievlokkies
• 1 ml brandrissiepoeier
• 1 lourierblaar
• sout en varsgemaalde swartpeper

Plaas tamaties, ui, knoffel en olyfolie in ’n voedselverwerker. Verpulp tot glad. Gooi mengsel in ’n kastrol en plaas op stoofplaat. Verhit tot kookpunt en laat kook sowat 5 minute. Voeg wyn, paprika, brandrissievlokkies, brandrissiepoeier en lourierblaar by. Meng goed en geur met sout en peper. Laat sowat 30 minute oop prut tot sous dik is. Haal af van hitte en laat afkoel. Hou sous in yskas tot benodig.

Steaks

• 6 x 250 g-lendesteaks (sirloin)
• 125 ml rooiwyn
• 2 lourierblare
• sowat 40 ml olyfolie
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 6 Portugese broodrolletjies

Plaas steaks in ’n plat bak. Gooi rooiwyn en lourierblare oor en marineer 30 minute – nie in yskas nie, want die steaks moet kamertemperatuur wees wanneer dit gaargemaak word. Verhit olyfolie in ’n groot swaarboompan. Haal steaks uit rooiwyn, geur met sout en peper en braai weerskante tot so gaar as wat jy daarvan hou. Voeg 250 ml van tamatie-peri-peri sous by en braai tot sous warm is. Sny rolletjies oop en plaas een steak op onderste helfte van rolletjies. Maak toe met ander helfte en sit voor met res van sous.

The post Prego-broodrolletjies appeared first on SARIE.


Melktert-pasteie

$
0
0

Dis soos die naam sê ’n kombinasie van melktert en pastei. En hoekom nie? Dit smaak heerlik. Skep net lekker baie vulsel in die pastei. Ek het ’n kleinbordjie gebruik om die pasteideeg uit te sny – die halfmaanvormige pasteie is nogal groot.

genoeg vir 8 pasteie

• 375 ml melk
• 62,5 ml water
• 2 eiers
• 185 g (220 ml) strooisuiker
• 1 ml vanieljepoeier
• 30 g (62,5 ml) mielieblom (maizena)
• 2,5 ml fyn kaneel
• 2 x 400 g-blaardeeg
• 1 geklitste eier
• strooisuiker
• fyn kaneel

Maak eers die vulsel. Gooi melk en water in ’n kastrol en bring tot kookpunt. Hou warm. Klits eiers, strooisuiker, vanielje, mielieblom en kaneel saam tot lig en romerig. Voeg warm melk by eiermengsel en klits goed. Gooi terug in kastrol en plaas op lae hitte. Roer aanhoudend met ’n ballonklitser tot vlavulsel soos pap lyk. Skep uit in ’n mengbak en plaas ’n stuk kleefplastiek direk bo-op – dit keer dat ’n vel bo-op vorm. Laat afkoel tot kamertemperatuur. Verhit oond tot 180 °C en maak dan die pasteie. Plaas ’n kleinbordjie bo-op die 2 velle deeg en sny 8 sirkels uit. Smeer die rande van elke sirkel met geklitste eier. Skep vulsel aan die een kant van elke sirkel. Vou toe sodat dit soos ’n halfmaan lyk. Druk rande stewig vas en plaas vir so 20 minute in yskas voor jy dit bak. Haal uit en smeer geklitste eier bo-op. Sprinkel strooisuiker oor en plaas in oond. Bak 30 – 35 minute tot goudbruin en bros. Haal uit oond en sprinkel bietjie kaneel oor. Laat afkoel tot kamertemperatuur.

The post Melktert-pasteie appeared first on SARIE.

Boerewors-frikkadelle met tamatiesmoor

$
0
0

Hierdie manier van wors gaarmaak is ’n treffer. Jy kan dit sonder sukkel voor die TV eet.

genoeg vir 22 frikkadelle

• 600 g boerewors van jou keuse
• 100 ml olyfolie
• 1 ui, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 400 g klein rosa-tamaties, gehalveer sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 180 °C. Druk worsvleis uit in ’n mengbak. Vorm frikkadelle so groot soos ’n gholfbal. Sprinkel bietjie olyfolie op ’n bakplaat. Plaas frikkadelle bo-op en sprinkel nog olyfolie bo-op. Plaas in oond en oondbak sowat 15 minute. Draai frikkadelle om en oondbak verder tot gaar. Verhit res van olyfolie in ’n kastrol en braai ui en knoffel tot sag en deurskynend. Voeg tamaties by en geur met sout en peper. Maak kastrol toe met deksel en braai tot tamaties sag is. Haal deksel af en braai tot dik sous vorm. Sit frikkadelle voor met tamatiesmoor.

The post Boerewors-frikkadelle met tamatiesmoor appeared first on SARIE.

Oondgeroosterde lamstjops

$
0
0

Hoe maklik is dit nie om jou tjops só gaar te maak nie. Jy hoef nie eens ’n vuur aan te steek nie.

• 12 lamsribtjops
• 100 ml olyfolie
• 2 takkies vars roosmaryn, blaartjies gestroop van takkies
• sap van 1 suurlemoen
• 2 knoffelhuisies, fyngekap sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond se rooster-element. Plaas tjops in ’n plat bak. Gooi olyfolie in ’n bakkie. Kap blaartjies van roosmaryn fyn en voeg saam met suurlemoensap by olie. Voeg knoffel by en geur met sout en peper. Meng alles goed saam en gooi oor tjops. Smeer olie goed oor tjops. Laat marineer 30 minute by kamertemperatuur. Pak tjops op ’n bakplaat en plaas onder roosterelement. Rooster tot mooi bruin en draai tjops om. Rooster aan ander kant tot mooi bruin. Haal uit en sit warm voor.

The post Oondgeroosterde lamstjops appeared first on SARIE.

Maaskaastert sonder skuldgevoel

$
0
0

’n Lekker tert met min vet danksy die maaskaas.

genoeg vir 6

• 500 ml gladde maaskaas
• 250 ml suikervrye laevet-aarbeijogurt
• 100 g (125 ml) xylitol-versoeter
• sap en gerasperde skil van 2 suurlemoene
• 15 ml gelatien
• 30 ml water
• 1 x 200 g-pak suikervrye wafelkoekies
• 125 g bevrore frambose

Klits maaskaas, jogurt en xylitol saam tot glad en tot xylitol opgelos is. Voeg suurlemoensap en -skil by en meng deur. Meng gelatien met water en laat staan 5 minute. Verhit vir 20 sekondes in mikrogolf en roer tot gelatien gesmelt is. Gebruik skerp mes en halveer wafelkoekies in die lengte al langs die vulsel af om twee dunner wafelkoekies van elkeen te maak. Voer ’n driehoekbroodpan van 20 cm uit met kleefplastiek. Bedek sye met halwe wafelkoekies. Voeg gesmelte gelatien by maaskaasmengsel en meng deur. Vou frambose in en gooi in pan. Pak oorblywende koekies bo-op vulsel en plaas in yskas vir 4-6 uur of oornag tot gestol. Keer uit op opdienbord en haal kleefplastiek af. Sit voor.

Vir nóg resepte geskik vir diabete of enigeen wat minder suiker wil eet:

SARIE-Diabetes_large

Koop die aanlyn-weergawe van SARIE diabetes HIER.

 

The post Maaskaastert sonder skuldgevoel appeared first on SARIE.

5 koekies vir jou koekieblik

$
0
0

As ek aan vakansie dink, sien ek dadelik my ma, Susan, aan die bak om die koekieblik vol te kry vir die seevakansie wat wag. Maar voor ons nog Prieska gehaal het, was my hande gewoonlik al minstens drie keer in dié koekieblik, want wie kan nou wag vir die see!

Hier is 5 koekies vir jou koekieblik, almal met roomsagte vulsels wat jou hart sal laat smelt:

1. Koffieroom-koekies

Doop hierdie koekies in soet tee en jy sal in die sewende hemel wees. Dié vulselresep is my ouma Bettie s’n – sy het haar koffiekoekies in lang worsies gemaak, maar ek maak myne bietjie nuut!

sr1211hoofkos-9-570x746

FOTO Lee Malan

2. Ganache-koekies

Wie kan nee se vir roomsagte sjokolade wat in jou mond wegsmelt en jou los met ’n bros koekie wat tussen jou tande kraak? Dís waarvan drome gemaak word.

sr1211hoofkos_4_-570x746

FOTO Lee Malan

3. Aarbeikonfyt-koekies

My ma het gereeld vir ons dié koekies gebak. Sy het sommer gekoopte konfyt gebruik, maar as jy jou eie kan maak, is dit nog beter – jy sal die verskil kan proe.

sr1211hoofkos_10_-570x746

FOTO Lee Malan

4. Kaneelkoekies met karamelneut-vulsel

Die toppunt van luuks: karamelneute, pralien wat jy fynmaak en dan by ’n bottervulsel invou.

sr1211hoofkos_8_-570x761

FOTO Lee Malan

5. Vanielje-en-karamelkoekies

Karamel smaak lekker saam met byna alles, daarom vat hierdie koekie letterlik die koek!

sr1211hoofkos_1_-570x746

FOTO Lee Malan

The post 5 koekies vir jou koekieblik appeared first on SARIE.

Viewing all 270 articles
Browse latest View live