My ouma se yskasmelktert was altyd die hoogtepunt van ons kuiers. Hierdie is ’n ode aan Ouma Bettie en die wonderlike vakansies op die plaas – ek dink sy sal hou van my sjokolade-kinkel daarby …
Stap vir stap
KORS
• 280 g (500 ml) koekmeel
• 155 g (170 ml) botter
• 50 g (60 ml) suiker
• 45 ml water
TERT
• 30 ml koekmeel
• 45 ml mielieblom
• 2 eiers, geskei
• 1 vanieljepeul, oopgesny en saadjies uitgekrap
• 65 g (80 ml) suiker
• 750 ml melk
• 25 g (27 ml) botter
• 10 ml fyn kaneel
• 100 g donkersjokolade, gesmelt
MAAK EERS KORS
Plaas meel, botter en suiker in voedselverwerker. Pols by hoë spoed tot growwe mengsel vorm. Terwyl menger loop, gooi water geleidelik by tot mengsel in een deegbal saamkom. Verhit oond tot 180 °C. Sprinkel meel op werkvlak en rol deeg met koekroller uit tot sowat 3 mm dik – hoe dunner, hoe beter.
Voer ’n 33 x 9,5 cm-tertpan uit met deeg. Sny deeg wat oorhang netjies af. Voer die kors uit met bakpapier en vul met rou rys. Bak 15 minute. Verwyder papier en rys en bak kors nog 10 minute of tot goudbruin en gaar. Volg stap vir stap verder.
WENK
Jy kan die gebruikte vanieljepeul in jou suikerhouer druk vir vanieljegegeurde suiker.
The post My ouma se melktert appeared first on SARIE.