Dit is gewone roosterkoek, net anders voorgesit!
genoeg vir 12 – 14
- 600 ml louwarm water
- 10 g sout
- 1 x 10 g-sakkie kitsgis
- 20 ml suiker
- 45 ml olyfolie
- 1 kg koekmeel
- 1 groot (40 cm hoog) polistireen-piramide (kyk by blomwinkels)
- tandestokkies
- botter, konfyt & chedderkaas
Sit water, sout, gis, suiker en olie in ’n mengbak en meng goed. Roer met ’n houtlepel en voeg meel geleidelik by tot ’n stywe, kniebare deeg vorm. Voeg ekstra meel by as deeg te loperig is. Knie sowat 10 minute op ’n meelbestrooide werkvlak tot ’n gladde, elastiese deeg. Sit in ’n bak wat gesmeer is met olie en draai toe in kleefplastiek. Laat rus op ’n warm plek tot dubbel die volume, sowat 30 – 45 minute.
Kry intussen die kole reg. Dit moenie te warm wees nie – jy moet jou hand sowat 20 sekondes bo die kole kan hou. Verdeel deeg in 80 g-porsies (so groot soos ’n gholfbal). Rol in netjiese balle en laat rys weer 10 minute op ’n meelbestrooide bord. Braai stadig oor warm kole tot goud- bruin en gaar, sowat 8 minute per kant.
Steek gaar roosterkoek met tandestok- kies aan polistireen-piramide vas. Sit warm voor met botter, konfyt en kaas.
Kersfees 2015 – resepte en dekor-idees
The post Kersfees 2015: Roosterkoek-Kersboom met kaas en konfyt appeared first on SARIE.