Quantcast
Channel: Resepte – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 270

4 idees met oorskiet Kersham

$
0
0

Hier is ’n paar slim planne vir die ham wat op Kersdag oorgebly het.

Ham-en-kaas-broodjie

(hooffoto)

genoeg vir 6

Dis altyd ’n wenner en smaak nog beter as jy oorskiet- soetmosterd het.

  • 12 snye brood van jou keuse
  • 100 g sagte botter
  • 12 skywe tamatie
  • 12 skywe beleë cheddarkaas
  • 
12 skywe gerookte ham (sowat 300 g)

Smeer snye brood met botter aan een kant. Maak toebroodjies met tamatie, kaas en ham. Verhit braaipan of toeklap-broodrooster tot warm. Braai broodjies aan weerskante tot goudbruin en bros en tot kaas gesmelt is. Sit warm voor met mosterd en groenslaai.

Romerige aartappelslaai

FOTO: Michael le Grange

FOTO: Michael le Grange

Gebruik mayonnaise wat ekstra romerig is vir ekstra lekkerte.

  • 45 ml olyfolie
  • 6 skywe gerookte ham (sowat 150 g), fyngekap
  • 700 g aartappels met skil, saggekook
  • 1 rooi-ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 6 radyse, in dun skyfies gesny

SOUS


  • 30 ml korrelmosterd
  • 1 x 125 ml-bottel geroomde peperwortel
  • 1 x 360 g-bottel mayonnaise
  • 
sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit olyfolie tot warm in middelslagpan. Voeg ham by en braai 5 – 8 minute of tot goudbruin en bros. Sny gaar aartappels in wiggies en plaas in groot mengbak. Voeg bros ham, ui, kno el en radyse by.

Sous Meng al die bestanddele vir die sous en gooi oor die aartappelmengsel. Meng versigtig met groot metaallepel met ’n vou-aksie om te keer dat die aartappels breek. Geur goed met sout en peper. Sit voor.

Alles-in-een-ontbyt

FOTO: Michael le Grange

FOTO: Michael le Grange

genoeg vir 6

Sit voor met roosterbrood vir vinnige ontbyt op die tafel.

  • 45 ml olyfolie
  • 1 ui, in dun ringe gesny
  • 
2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 8 skywe gerookte ham (sowat 225 g)
  • 100 g bevrore ertjies, ontdooi
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 12 eiers

Verhit oond tot 200 °C. Verhit olyfolie in middelslag- braaipan wat geskik is vir die oond. Plaas ui en kno el in die pan en roerbraai vir 5 minute of tot goudbruin. Voeg ham by en braai nog 5 minute. Dan die ertjies en braai nog 1 minuut. Geur goed met sout en peper.

Verwyder van hitte en breek 6 eiers in ’n mengbak en klits goed. Gooi eier oor gebraaide ham. Plaas in warm oond en bak 10 – 15 minute of tot eiers gestol is. Sit warm voor.

Bone-en-ertjie-slaai

FOTO: Michael le Grange

FOTO: Michael le Grange

genoeg vir 6

Die heerlike vars slaai kan jy met of sonder die ham voorsit.

  • 80 ml olyfolie
  • 
1 hand vol koljander, fyngekap
  • 
sap en skil van 2 suurlemoene
  • 200 g pitmielies, 2 minute in kookwater gedompel
  • 
1 x 350 g-pakkie Franse groenbone, 1 minuut in kookwater gedompel
  • 
1 x 140 g-bakkie sneeu-ertjies (mangetouts), oorlangs in dun repies gesny
  • 1 x 200 g-pakkie suikerertjies (sugar snap peas), oorlangs gehalveer
  • 12 skywe gerookte ham (sowat 300 g)
  • 
sout en varsgemaalde swartpeper

 

Meng die olyfolie, koljander, suurlemoensap en -skil saam. Plaas, mielies, bone en ertjies in ’n slaaibak en gooi die slaaisous oor. Sny ham in blokkies en voeg ook by. Geur na smaak met sout en peper. Meng goed deur. Sit voor.

 

The post 4 idees met oorskiet Kersham appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 270

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!