Quantcast
Channel: Resepte – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 270

Murgpampoentjie-en-ricotta-pasta

$
0
0

(4 – 6 PORSIES)
25 MINUTE

  • 45 ml olyfolie
  • 1 ui, grofgekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 400 g murgpampoentjies
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 300 g ricotta-kaas, gekrummel
  • 400 g spaghetti
  • hand vol basiliekruid
  • 30 g parmesaan-kaas, gerasper

Verhit olyfolie in middelslagpan. Voeg uie en knoffel by en braai vinnig vir 3 minute of tot begin verbruin. Gebruik ’n rasper se growwe kant en rasper murgpampoentjies. Voeg by uie-mengsel en roerbraai vir 3 – 5 minute tot sag maar steeds ferm. Verwyder van hitte en geur goed met sout en peper. Voeg ricotta by en meng goed. Kook pasta volgens aanwysings op pak en dreineer. Roer warm pasta by ricotta mengsel en skep in opdienbak. Sprinkel basiliekruid en parmesaan oor. Geur goed met sout en peper. Sit voor.

 

The post Murgpampoentjie-en-ricotta-pasta appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 270

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!