Quantcast
Channel: Resepte – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 270

Maklike sjokolade-en-karamelpoeding vir die naweek

$
0
0

Ek gebruik ʼn brownie-boksmengsel vir hierdie resep.

genoeg vir 8

Baktyd: sowat 35 – 40 minute

  • 2 eiers
  • 55 g (60 ml) gesmelte botter
  • 125 ml sonneblomolie
  • 125 ml melk
  • 1 x sjokolade-brownie-boksmengsel
  • 1 boks (150 g) karameltoffies
  • growwe sout

Plaas oondrak in die middel van die oond. Verhit oond tot 180 °C. Klits eiers, gesmelte botter en olie 2 minute lank saam in elektriese menger. Voeg melk by en klits 1 minuut. Voeg brownie-mengsel en sjokoladesplinters (ingevoeg in boks) by en vou versigtig in.

Sny karamellekkers in kleiner blokkies. Vul 8 gesmeerde ramekin-bakkies tot halfpad met deeg. Plaas van die karameltoffies bo-op en skep nog deeg bo-op. Die bakkies moenie heeltemal tot bo gevul word nie – dit rys taamlik baie. Plaas bakkies op bakplaat en plaas in oond. Bak 35 – 40 minute. Haal uit en keer versigtig uit. Sprinkel met sout en sit warm voor.

The post Maklike sjokolade-en-karamelpoeding vir die naweek appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 270

Trending Articles


Tien kreatiewe idees vir bêreplekke in jou babakamer


Groblerspruit: Episode 1


Kyk: Dié 16 katte het meer persoonlikheid as jy!


Die beste tyd van my lewe


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 8-Afrikaans Huistaal: vraestelle en memoranda


T Minus …. 6


Die kuns van koeksisters bak


6 wenke en kunsies om jou hare te kleur


7 waarskuwingstekens wat jou lippe jou gee