Quantcast
Channel: Resepte – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 270

Gekaramelliseerde vrugte met soetwynvla

$
0
0

’n Maklike nagereg sonder te veel moeite.

genoeg vir 6 – 8

• 45 ml botter
• 100 g (125 ml) bruinsuiker
• 6 pere, gehalveer en stronk uitgesny

SOETWYNVLA

• 8 eiergele
• 250 ml muskadel
• 50 g (60 ml) strooisuiker
• 8 vars vye, oorlangs gehalveer

Verhit botter tot warm in braaipan. Gooi bruinsuiker by en skud pan liggies rond tot suiker gesmelt is. Pak pere met gesnyde kante na onder in warm suiker en braai vir 5 – 8 minute of tot gekaramelliseer. Hou eenkant. Soetwynvla Meng die eiergele, muskadel en strooisuiker in ’n groot glasbak. Plaas die bak op ’n pot met kokende water (die water moenie aan die boom van die bak raak nie) en klits die mengsel met ’n elektriese handklitser tot dik skuim vorm. Hou aan klits tot die mengsel warm voel wanneer jy jou vinger daarin druk, sowat 8 – 12 minute. Moenie die mengsel te warm laat word nie, anders skif dit. Haal die bak van die pot af en hou aan klits tot die mengsel heeltemal afgekoel het. Plaas vye en pere in opdienbak en gooi warm vla oor. Sit voor.

The post Gekaramelliseerde vrugte met soetwynvla appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 270